Posts

Showing posts from 2007

Die einde van 2007

Image
Ja Kersfees het gekom en gegaan, en so ook die familie. Ons is vandag vir die eerste keer alleen, Willem en Stella het vanoggend vertrek na Pietersburg. Dit was sowaar 'n dol kersfees maar baie lekker. Veral omdat ons hele gesin bymekaar is en ek het besef hoe genadig ons is om nog ons hele gesin bymekaar te hê vir Kersfees. Dit was Zane se eerste Kersfees saam met die familie, verlede jaar was ons alleen, en dan natuurlik Nêo-Rie en Steph se h eel eerste Kersfees ooit. Kersoggend is die hele familie (amazizngly) 20 voor 8 by die kerk net om uit te vind die kerk begin eers 9uur. So toe is ons almal terug huis toe, en Pa (oumpa Jacob) het toe vir almal kerk gehou, eintlik meer vir die kinders en toe is daar geskenke oopgemaak. Kersfeesvader (met sy donkerbrille, of myne) h et daar opgedaag om die kinders se geskenke uit te gee, Nêo-Rie en Steph het nie van die witbaard man gehou nie, maar die ander 3 was heel in hulle skik, die hele geskenk uitdeel gaan toe verder na die volwassenes...

'n Dolle maand

Image
Ja, die jaar is amper op 'n einde. Ek kan nie glo hoe die tyd gevliegf het nie. Daar het ongelooflik baie in die jaar gebeur. Nou is daar nog net Kersfees oor en 'n lekker kuier saam met die familie. Wel vandat ek laas getik het, was daar 2 troues, en Nêo-Rie het 11 maande oud geword, Oupma en oupa Hendrik en Esther en Engela was hier, en ons het 'n familiefees gehad by Benlize net bokant die Hartebeespoortdam. O ja en ek en Danie en Nêo-Rie was siek, en dit lyk nou of sy alweer siek is. Danie het die siekte die ergste gehad of die meeste aangesit, ons sal nie regtig weet nie want hy raak omtrent nooit siek nie. Nog net 'n paar dae dan is Nêo-Rie 1 jaar oud. Ons het besluit om twee partytjies te hou. Een hier en dan weer een op die plaas, aangesien Danie nie uit die Johannesburg omgewing mag gaan nie, kan ons nie oor haar verjaarsdag op die plaas wees nie. Die troues was albei stunning ek was net op die een weens Nêo-Rie redes, maar het die fotos van die ander een ook g...

Nog 'n jaar amper tot sy einde

Image
Gister was Zane se laaste dag by die skool, ek weet nie regtig hoe ek voel nie. Ek en Danie en Nêo-Rie het hom saam gaan haal. Die mense by die skool het gesê hulle gaan hom mis, ek gaan seker ook die skoolopset mis, ek sal moet sien hoe lyk dinge volgende jaar. Ja wel, so vandag was sy amptelike eerste vakansie dag. Ons aan die anderkant hou nog nie vakansie nie, en weet nie of ons ooit dit sal kan doen nie.Vandat jy kinders het, hou net hulle vakansie en jy bly maar werk op 'n manier. Ons het nou die laaste paar weke hard gewerk om die "skool" (speelkamer) reg te kry vir die kinders. Pa Jacob en Danie het gehelp om kaste in te sit, gordyne is gewas, mat gewas, mure geverf en gordyne is opgehang. Alles of omtrent alles is nou al in kaste. Ek moet Desember maand bietjie werk maak van 'n program wat ek wil volg volgende jaar. Ek moet nog mooi kyk wat ek gaan doen. Christelle land more en dan is dit haar ooievaarsparty, ek hoop sy is okey daarmee, ek dink nie na so ...

Nêo-Rie is 10 maande oud

Image
J a wel 10 maande oud, die tyd vlieg darem verskriklik. Sy sit nou hier langs my op die vloer en probeer haar eerste kruippoging. Ag sjame, nou net haar kop teen die lessenaar gekap, dit gaan haar eerste bloukol wees. Sy begin nou al hoe besiger raak, maar slaap darem nog goed, en dit lyk my sy begin nou al langer slaap in die aande, nog nie meer as 7 ure nie, maar ek kry darem so bietjie meer slaap in. Ek voel nou al rustiger oor die hele tuisskool ding, en het nou al met 'n hele paar mense ge sels en ja, ek het klaar kennis gegee by Zane se skool, so nou is ons volstoom in die ding. Ons gaan Saterdag na so Homeschooling expo toe, en net so bietjie rondloer, maar ek dink het al besluit waarmee om met Zane te begin. so Desembermaand sal ek my plannetjies moet uitwerk en 'n jaarprogram moet uitwerk vir Zane en Nêo-Rie. So ek gaan redelik besig wees. Zane gaan ook vir die eerste 13 dae in Desember swemskool toe gaan, dit beteken dat November sy laaste maand by Regio skool gaa...

Baie deurbrake gemaak

Image
Okey, die besluit is geneem. Ek gaan volgende jaar vir Zane ook by die huis hou en h om self skool ge e. Ja dit het so rukkie geneem, maar ek weet dit is wat ek nou moet doen. Ek het begin rondkyk na programme ens, en toe besluit ek gaan op my eie eers voort, met die hulp van ma, praktika en die graad O boek. Dit gaan nogal 'n uitdaging wees. Ek het gedink om 'n proeflopie te doen volgende week, maar ek wil nog bietjie vryheid beleef. Dit is moeilik o m te dink ek gaan my vryheid opgee. Nie kom en gaan soos ek wil nie. Met Nêo-Rie i s dit nie so moeilik nie, sy kla nie so baie soos Zane as ek te lank in die winkels is nie, want sy word gestoot in die waantjie en Z ane moet loop. Dit is nie regtig vryheid wat ek opgee nie, dit is net my eie tyd, die bietjie w at ek het. Ek voel half suinig daarmee, ek wil dit vir my hou, maar nou ja, kom ons kyk hoe werk dit uit. Nêo-Rie het op die 19de Oktober haar eerste "sign" gemaak, dit is die een vir melk. Sy was besig o...

Zane ry fiets en Nêo-Rie speel bal

Image
J a kan jy dit glo, 3 jaar oud en en ry 'n tweewiel fiets asof hy gebore is met een. En ons het hom nie eens geleer nie, toe ons weer sien toe ry hy. Glo my ek was baie verbaas toe ek by die skool kom om hom op te laai en hy jaag met die fiets rond. So ons kon nie anders nie, ons moes maar vir hom een koop. En nou kry ons hom nie weer van die ding af nie, as hy wakker word wil hy ry, voor hy gaan sl aap herrinner hy ons dat as hy wakker word dan gaan hy fiets ry. Wel ons sal darem seker die geleentheid kry om vir Nêo-Rie te leer fiets ry, want dit was ons ontneem met Zane, hy was net te vinnig vir ons. Ek bedoel ons het eers leer fiets ry met kant wieletjies, eers 2 dan 1. Met madam Nêo-Rie gaan dit ook goed, sy he t n et koors gehad die na week en skree nou soms blou moord. Ons dink dit is dit dalk tande, ek voel niks in haar mond nie, maar da lk kom dit nou eers in d ie kaste in. Engela was ook vinnig hier, en sy het haar toe vir die eerste keer gesien. O ns was die nawee...

Die tyd vlieg

Image
Dit is nou al die 20ste Se ptember, ek kan nie glo hoe die tyd vlieg nie. Zane is weer die afgelop e 2 weke in een van sy toets buie. Hy kyk hoe ver hy alles kan vat. Alles is nee, of ek wil nie. Dit dryf my soms teen die mure uit, e n ander kere het ek die geduld om dit net te ignoreer. Sonja, een van die mense in ons sel, het vir 'n paar maande by 'n tribe in Columbia of Equador ge bly en hulle het haar geleer, as iema nd met 'n slegte bui wakker word, ignoreer d aai persoon want hy steek net die ander mense aan en dan verander hulle buie ook. Los die persoon tot hy/sy weer 'n mooi persoon is. Hulle pas dit toe ook in die tribe, almal doen dit, selfs met hulle mans en eie kinders. Ek het g edink dit is 'n great ding om te doen. Soms wil ek myself ignoreer. Maar ja ek doen dit toe met Zane gisteraand in die bad. hy het geskree en gemoan, en ek het al my aandag toe op Nêo-Rie gefokus, haar klaar gebad en aangetrek toe hy ophou moan het, toe het ek i n die badkamer...

Ons sel naweek te Kiara Lodge, Golden Gate

Image
Wel ja hier is ons nou terug na 'n heerlike maar uitputtende naweek. Ek is dood moeg en ek dink ek raak siek ook nog, my keel is nogal baie seer. Ons het Vrydag hier weggekom en vir die Scholtze, al 8 van hulle (twee gesinne) by die Ultra city gekry en later weer net na die afdraai van die Highway af, toe ry ons verder saam, as ons alleen gery het, het ons dit in 3 en 'n half ure gemaak, maar so saam was dit toe 4 en 'n half, stop hier vir 'n piepie en daar vir 'n snack, maar dit was lekker gewees, en Zane het die saamgery baie geniet, wil net elke keer sien wie is nou voor en wie raak agter, Andre voor en Alicia is agter. Ek moes my grote lyf daar tussen die twee kinders in die agterste sitplek is squeeze want Nêo-Rie het begin ongelukkig raak, maar na Bethlehem kon ek darem weer voorsit want toe het sy aan die slaap geraak. En dit klink of sy nou wakker geword het, ek gaan dit net ignoreer dalk slaap sy weer verder, want sy nie nou lank geslaap nie. Terug by m...

Nêo-Rie is 8 maande oud vandag

Image
Wel ja, 8 maande vandag, ek kan dit nie glo nie, as ek so na haar fotos kyk kan ek nie glo sy het so groot geword en bly nog steeds baie mooi vir my. Sy gesels al versriklik baie en hard, soms moet ek die dummy net in haar mond druk om haar stil te kry, dit sal ongelukkig nie kan werk sodra sy ouer raak nie. Zane is ook vas oortuig daarvan dat hy haar verstaan en dat sy praat, Danie dink ook so, maar gelukkig weet ma van beter, dit is net geluide, nie woorde soos Pappa, Zane en Ouma nie. Dit klink dalk so, maar nee. Dit is net oulik as hy dink sy roep hom of vir pappa of mamma. Zane weet ook wanneer sy wil bad en wat sy volgende wil doen en of sy nie met 'n sekere speelding wil speel wat hy eintlik wi l in die hande kry nie. Ons was nou die oggend, ek e n Nêo-Rie in die Wimpy, ek het haar op die tafel neergesit en vir haar eier, spek, toast en 'n stukkie hashbrown gegee, die mense het my verskriklik aangestaar en gevra hoe oud sy is. Hulle kon nie glo sy eet al so die ko...

Danie is terug

Image
Ja wel, Danie is terug, dit is nou amptelik al 'n week en wonderlik om hom weer by die huis te he. Zane kan ook nie genoeg van sy pa kry nie. Ons is nog besig om deur die fotos te gaan, en ons dankie briewe op te stel. Hy het dit baie geniet, en emosioneel uitgeput geraak. Ja en hy het 'n bietjie verander, seker meer wat ek later sal besef sodra hy bietjie meer praat oor wat presies daar gebeur het, ek gaan maar op sy gemoed, ek weet net dit het emotioneel nogal baie uit hom geneem. Ek leer elke dag nog 'n bietjie van wat daar gebeur het, 'n kyk nou deur sy fotos en se dat hy nog die plek ruik, so waterige surerige reuk. Hy het baie fotos geneem, en nogal interresante fotos. In Thaliand dra die meeste mense geel klere om die koningshuis te eer, Geel is hulle kleur. Sodra ons aan sy terugvoer gewerk het, wat more is sal ek dit plaas met fotos. Verder het die week maar normaal verloop, Zane was weer gimnastiek toe en ek het besluit om nie weer te help met die rolle en goe...

Milan se artikel op Finnesse se website: Erfporsie

Image
In Hollywood is kruiskulturele aanneming meer gewild as Prada. ’n Swart kind op ’n wit heup is die nuutste modebykomstigheid. I ntussen skiet die getal ouerlose kinders in Suid-Afrika die hoogte in en ons staan onbetrokke op die kantlyn. Die huis waarby ek inry lyk doodgewoon. Siersteenmure, ’n grasdak en ’n helder klimraam in die voortuin, nes enige ander hier in Centurion. Danie en Esther van Niekerk is gewone Afrikanermense. Alhoewel sy lang grys poniestert en haar bontversierde Crocs iets van hierdie twee vry geeste verklap, staan die paartjie bankvas in hulle geloof. Dat hulle keuses en lewenspad in God geanker is, is duidelik wanneer hulle die storie van Zane se aanneming vertel. Die groot besluit Esther het tot verlede jaar toe nog vir MES AKSIE (Metro Evangeliese Sorg) in Johannesburg gewerk. Hulle kantore is in die hartjie van Hillbrow. Sy ken die seer van mense wat op straat woon en was self al die slagoffer van ’n gewapende roof in haar kantoor. Maar Esther het ten spyte van...

Kuier in Thaba weer

Image
Wel ja, nou is ek terug van Thabazimbi en Zane het klaar verjaar en Danie is nog in Thailand. Kom ons begin by die verjaarsdag weer. Ek weet daar is reeds 'n storie, maar hierdie is die update. Hy is nog steeds mal verlief op sy Mac trok en al sy karretjies. Hy het ook 'n blou en geel kombers gekry waaronder hy in die middae hier by die huis slaap, sy "superman" kombers. Ons het vir Ouma Esther 'n blou en geel prentjie geteken om dankie te se, dit moet nog net gepos word. Verder was die paar dae in Thaba lekker onstpanning en wegkomkans dat ek nie so alleen met die kinders is nie. Ma het darem ook gereeld kom help met badtyd en help nog steeds wat ek baie waardeer. Terug in Thaba, Hannes het gaan jag so dit was net ons by die huis, en ons het heerlik gekuier. Dit was net so lekker om nie kos te maak en wasgoed te was nie, net so breek, en ook om 'n huishulp te he wat die huis skoon maak, so 'n voltydse hulp is baie werd, ek sien dit, maar ja nie nou die ...

Zane word 3

Image
Ja hier sit ek nou, wedevrou. Danie het vanoggend gevlieg Thailand toe. Wel gister het Zane 3 jaar oud geword. Hy is vroeg , soos die van der Merwe tradisie is, wakker gesing deur Oupa Jacob en ouma Ettie, mamma en pappa. Hy was so skaam hy het weggekruip agter Danie. Toe kon hy 3 van sy geskenke oopmaak. Sy wonderlike kombers wat ouma Esther gebrei het, en 'n Cars kosblik en koppie. Toe het Danie hom skool toe geneem, maar o ja, hy het ook sy nuwe klere aangetrek, sy Cars broek en hemp, ook van ouma Esther af. Ek en Danie en Nêo-Rie het so 9:30 skool toe gegaan met sy Cars koek, en Cars pakkies en a sak ballonne vir die kinders. Daar het ons sy partytjie gehou, alles binne 'n halfuur. Ek het vir die kinders kospakkies gemaak, met 'n yogart, hoenderboudjie, 2 cupcakes, 'n pakkie chips en 'n lekkertjie in. Die seuntjies het elkeen 'n klein trekker en wa gekry en die dogtertjies skoenlappers en 'n armbandjie. Ons het toe vir Zane huis toe gebring waar hy nog...

Alles word gechow

Image
Nêo-Rie is nou al 6 maande en twee weke oud, en sit nou al regtig baie mooi, Sy eet ook al hoe beter by die dag, sy het nou al die volgende probeer eet (in haar mond gesteek en gesuig of gegum, en selfs stukkies al ingesluk) Hoender my eie hoender en appelworsie wat ek van scracth af gemaak het! papaja patats wortels brokolie ertjies (langes) avokado (haar gunsteling) tande koekies van purity (sy eet omtrent die hele ding op) klein baba mielies spanspek piesang grondboontjiebotter aartappel pampoen Ek dink dis dit, ek kan nie mooi onthou of daar nog iets was nie, maar Zane is baie trots op sy sussie wat eet en wil sommer vir haar roomys en viennas ook gee, so ons moet vir hom mooi vertel wat kan sy eet en wat nie, en ook dat hy niks in haar mond mag sit nie, dat net sy dit mag doen. Die vakansie is nou verby en die skole begin die week, so dan sal sy roetine ook weer beter by die skool wees, op die oomblik speel hulle net en is die klasse maar deurmekaar. Ons het ook die week ons afspr...

'n halwe jaar is verby

Image
Ja, 'n halwe jaar is al verby, ek kan nie glo hoe vlieg die tyd nie. Nêo-Rie is nou al 6 maande oud en sit en eet al so bietjie. Zane is nou al 6 maande in sy nuwe skool en word aan die einde van die maand 3 jaar oud. Die vakansie was baie koud, Zane was maar meestal by die skool, maar ons 'n paar dae by die huis gebly. Een van die dae het ek hom en 'n vriend, Aubrey saam Centurion toe geneem vir die oggend. Daar was 'n pirates of the Caribean boot. Dit was 'n koue oggend so Nêo-Rie was maar in haar waantjie gewees. Gelukkig het sy die meeste van die tyd geslaap. Aubrey is die kleinseun van die man wat in ons tuinwerk, en ons sukkel maar met kommunikasie. Hulle was nog een oomblik op die boot, die volgende oomblik is hulle weg. My eerste gedagte is die meer net agter die boot, ek los toe vir Nêo-Rie by 'n ander ou (Thys) met wie ek gesels het en sy vrou en is daar weg opsoek na Zane. Dit is nou al die tweede keer dat ek hom so verloor. Hulle was nie by di...