'n halwe jaar is verby
Ja, 'n halwe jaar is al verby, ek kan nie glo hoe vlieg die tyd nie. Nêo-Rie is nou al 6 maande oud en sit en eet al so bietjie.
Zane is nou al 6 maande in sy nuwe skool en word aan die einde van die maand 3 jaar oud. Die vakansie was baie koud, Zane was maar meestal by die skool, maar ons 'n paar dae by die huis gebly. Een van die dae het ek hom en 'n vriend, Aubrey saam Centurion toe geneem vir die oggend. Daar was 'n pirates of the Caribean boot. Dit was 'n koue oggend so Nêo-Rie was maar in haar waantjie gewees. Gelukkig het sy die meeste van die tyd geslaap.
Aubrey is die kleinseun van die man wat in ons tuinwerk, en ons sukkel maar met kommunikasie. Hulle was nog een oomblik op die boot, die volgende oomblik is hulle weg. My eerste gedagte is die meer net agter die boot, ek los toe vir Nêo-Rie by 'n ander ou (Thys) met wie ek gesels het en sy vrou en is daar weg opsoek na Zane. Dit is nou al die tweede keer dat ek hom so verloor.
Hulle was nie by die water nie, toe onthou ek die Wimpy se speelplek, Aubrey wou daar gaan speel het toe ons klaar by die Wimpy was, maar ek het hulle toe eers na die boot geneem.
Dankie tog hulle was daar, ek neem toe vir Zane weg, want ek wou nie vir Nêo-Rie te lank daar anderkant los nie, en besluit toe Aubrey kan nou maar 'n hartaanval kry, maar hy het toe glad nie. Ek moes toe vir hom mooi verduidelik hy moet my eers vra voor hulle sommer net iewers gaan speel.
O ja Danie het toe nie die werk by ABSA gekry nie, maar sy CV is nog daar buite vir ander mense om te sien, ons sal weer begin kyk nie Thailand trip. Al sy aandag moet nou eers daar wees. Om die geld intesamel en emosioneel en geestelik voorbereid te wees, want dit neem baie uit jou uit om vir ander mense in te tree in gebed.