Yskoud vandag










Dit is vriesend vandag hier, net 10 grade maks. Zane is by die skool en Nêo-Rie is in haar kot, ek probeer haar maar warm hou. Verlede week was dit ook koud en ek het Zane vir so 2 dae by die huis gehou en ons het gespeel. Hy het geteken en klei gespeel. Nêo-Rie het al weer so paar goed probeer eet, maar nog niks ernstig nie, sodra daar 'n stukkie kos in haar mond kom probeer sy dit uitkry sonder om te sluk, so dalk is sy nog nie heeltemal reg nie, alhoewel sy more al 6 maande oud is.


Sy is nie so mal oor die wortel nie, maar die stuk hoender het sy seker vir 10 min so gesit en suig. Dit was eintlik baie snaaks. Ek hoor sy het nou net wakker geword, laat ek haar eers gaan haal voordat sy te veel kla.

Sy spring nou in haar jolly jumper, sy geniet dit baie, sy spring voor die heater, want haar hande raak yskoud as sy so spring.


Ek het nou die aand (30 Junie) vir Zane 'n storie gelees uit die Kleuter Bybel. Aan die einde het dit so 'n gebedjie gehad, waar hulle vra dat jy vir God moet sê dat jy vir Hom lief is.

Zane vra my toe waar is God?, ek wil toe nie vir hom sê dat Hy in die hemel is nie, toe sê ek vir hom dat God hier by ons is. Zane sê toe maar hy kan Hom nie sien nie. Ek het toe vir hom gesê dat as hy sy oë toe maak dat hy Hom sal sien. Hy maak toe sy oë toe en kry so 'n glimlag op sy gesig, ek het amper in trane uitgebars, maar ek vra hom toe of hy vir God kan sien, en hy glimlag en antwoord "ja". Hy hou toe sommer sy oë vir 'n hele rukkie toe, en toe hy dit oopmaak toe sê hy dat hy nou genoeg vir God gekyk het. Ek het vir God dankie gesê, want dit was baie nice van Hom om Hom so vir Zane te wys.
Ek dink Nêo-Rie gaan deur 'n groeifase vandag, sy is baie issigrimmig en wil aanmekaar drink. Danie is ook nou nog hard aan die werk om geld in te samel vir Thailand, vir die Prayerwalk. Hulle vlieg die 1ste Aug, die dag na Zane se verjaarsdag, ek is baie bly hy is darem nog hier vir Zane se verjaarsdag, ek moet nog aan sy partyjie werk. Dit gaan 'n "Cars" partytjie wees by die skool, baie maklike uitweg. Zane begin nou al opgewonde raak, 'n mens kan sien hy word groter en "wyser" want hy weet nou al klaar beter as ons, en sty oor alles, as ek sê dat ek nou pasta maak, dan sal hy sê nee, dit is nie pasta nie, en dit hou verewig aan, maak nie saak wat ons sê nie, dit sal altyd nie dit wees nie, ek hoop hy ontgroei dit gou, dit raak nogal erg.
Gaan kyk gerus na die res van die fotos op facebook.





Popular posts from this blog

Is Corono over yet?--------------------Nope!

Entering our third week in Ankara–in waiting…

Visiting the historical sites in Ankara.