Alles word gechow
- Hoender
- my eie hoender en appelworsie wat ek van scracth af gemaak het!
- papaja
- patats
- wortels
- brokolie
- ertjies (langes)
- avokado (haar gunsteling)
- tande koekies van purity (sy eet omtrent die hele ding op)
- klein baba mielies
- spanspek
- piesang
- grondboontjiebotter
- aartappel
- pampoen
Ek dink dis dit, ek kan nie mooi onthou of daar nog iets was nie, maar Zane is baie trots op sy sussie wat eet en wil sommer vir haar roomys en viennas ook gee, so ons moet vir hom mooi vertel wat kan sy eet en wat nie, en ook dat hy niks in haar mond mag sit nie, dat net sy dit mag doen.
Die vakansie is nou verby en die skole begin die week, so dan sal sy roetine ook weer beter by die skool wees, op die oomblik speel hulle net en is die klasse maar deurmekaar. Ons het ook die week ons afspraak met die skool om te kyk hoe kan ons saamwerk aan Zane se agresiewe reaksies wat hy toon as kinders hom seermaak of doen wat verkeerd is.
Danie gaan ook Maandag vir 'n onderhoud hier in Centurion, so bid saam met ons dat hy die werk sal kry, dit sal so nice wees as hy hier naby kan werk.
Milan het 'n stunning artikel oor ons gedoen vir die Finesse tydskrif vir September maand, dit handel oor Kruiskulturele aanneming. So die wat in SA is, hou September maand s'n dop. Ons was in die week vir 'n fotosessie, ek hoop dit kom mooi uit, anders kyk maar verby die fotos.
Danie gaan nou die 1st Aug vlieg, en hy het alreeds 'n klompie geld ingesamel vir die trip, maar kort nog heelwat. Ons glo God sal die regte mense oor sy pad stuur.
Ek gaan seker weer vir so paar dae dan na Thaba gaan en vir Gerda gaan kuier. Sal nog sien hoe werk dinge uit.