Oujaar 2009 en 'n nuwe begin
Vandag is die laaste dag van 2009. 'n wonderlike jaar op sy einde. Zane is baie opgewonde oor alles hier, net die sweet wat hom aftap. Nêo-Rie is maar nog emotioneel en huil vinnig, maar dinge begin nou beter raak. Jac het begin sit- whoopee!!!. Die dag voor kersfees het hy vir die eerste keer gesit, en die dag na Kersfees omgerol. Nou kan ek hom nie meer alleen op 'n bed los nie.
Die afgelope twee dae was Jac se koors nie baie lekker nie, so tussen 38 en 40 grade. Het hom gister by die dokter gehad, volgens hom net 'n bietjie rooi keel en loopneus. Hy slaap op die oomblik so ek hoop hy sal okey wees.
Ons het 'n heerlike Kersfees op Ohrigstad gehad, die kinders het die week by ouma en oupa baie geniet. Ons het nie veel gedoen nie, net gerus van na die trek af.
Die trek self was aan die begin heel okey gewees vir my, maar toe raak dit op 'n stadium te veel, want die plek se pakplek is so klein ek kan ons goed inkry nie. So ons het alweer 4 bokse geoogmerk om weg te gee in Januarie, sodra die ander studente hier is. Dit is nogal hartseer, want ek het gehoop ek kan van die goed hou. Daar is die moontlikheid dat ons dalk in 'n groter plekke kan ingaan einde Januarie, ek sal baie graag wou, veral vir die tuisskoling, maar ek weet nie of ek kans sien om weer te trek nie. Ons is nou amper in ons huis in, nog so paar goed wat nie op hulle plekke is nie, en my sierboom geaardheid kan dit nie mooi vat nie, ek wil alles op hulle plekke kry, want in so klein plekkie kan goed nie oral wees nie.
O ja, my wasmasjien pas toe in, ons is toe in 'n ander huisie as wat ons gedink het, maar hulle het vergeet om vir ons in te lig dat hier nie 'n stoof is nie!!!! So dit moet ons nog kry, lewe op vrugte en goed uit die yskas uit op die oomblik.
Die mense hier is baie vriendelik en behulpsaam. Ons het nog nie ons buurman ontmoet nie, hy is by familie, twee weke voordat ons hier aangekom het, het sy vrou en seun van 13 in 'n motorongeluk gesterf, dink en bid maar vir hom sy naam is Keith. Ons sal hom seker later in Januarie ontmoet.
Dit is baie mooi en baie groen hier, baie warm ook, maar God is genadig so elke paar dae is daar 'n lekker koel dag. Vandag is weer warm! Hier is baie snaakse goggas, en groot motte en baie paddas - Nêo-Rie se paradys, sy is die hele tyd buite, by die diere, katte en enige gogga wat beweeg. Danie het ook al sy eerste "slangding" gekry. Hy soek gou op die internet en dan sal hy my laat weet.
Die laaste paar dae was hier elke dag ingebreek, tot eergister aand toe. Hulle het een skelm aan sy voete beetgekry toe hy onderdeur die draad gekruip het. Toe vang die polisie sommer 6 mense en soek nog die hoofboef in Nigerie. so ons hoop die boewe is nou vir so rukkie. Veral as ons nou vir 'n week terugkom.
Zane het al 'n maatjie gemaak. Sy kom van Noord Korea en haar naam is Kitty. Engels is nog nie so goed nie, maar hulle kan kommunikeer. (Albei se Engels) Nêo-Rie praat sommer met haar in Afrikaans, en dan swaai sy soms Engels toe. Nogal oulik om te luister na die 3. Haar ma en pa gaan ook kom swot, en hulle Engels is ook glad nie goed nie, so ek weet nie hoe gaan hulle dit maak nie.
Maar nou ja so kom alle goeie goed op 'n einde en nuwe goeie goed begin. Vannaand gaan ons almal saam 'n Safari ete hou, almal wat hier is natuurlik, en dan kan ons die mense dalk ook beter leer ken.
Baai baai 2009 en hallo 2010. My volgende blog sal fotos verskaf.

Comments
love ya heaps.