Nêo-Rie is 8 maande oud vandag


Wel ja, 8 maande vandag, ek kan dit nie glo nie, as ek so na haar fotos kyk kan ek nie glo sy het so groot geword en bly nog steeds baie mooi vir my. Sy gesels al versriklik baie en hard, soms moet ek die dummy net in haar mond druk om haar stil te kry, dit sal ongelukkig nie kan werk sodra sy ouer raak nie. Zane is ook vas oortuig daarvan dat hy haar verstaan en dat sy praat, Danie dink ook so, maar gelukkig weet ma van beter, dit is net geluide, nie woorde soos Pappa, Zane en Ouma nie. Dit klink dalk so, maar nee. Dit is net oulik as hy dink sy roep hom of vir pappa of mamma. Zane weet ook wanneer sy wil bad en wat sy volgende wil doen en of sy nie met 'n sekere speelding wil speel wat hy eintlik wil in die hande kry nie. Ons was nou die oggend, ek en Nêo-Rie in die Wimpy, ek het haar op die tafel neergesit en vir haar eier, spek, toast en 'n stukkie hashbrown gegee, die mense het my verskriklik aangestaar en gevra hoe oud sy is. Hulle kon nie glo sy eet al so die kos nie. Op 'n stadium was daar 5 waiters om my tafel gewees en wou net met haar speel en kon nie glo haar naam is Nêo nie.

Ek het 'n foto geneem vandag so hier is so paar, ek het so baie geneem omdat ek haar wou afneem waar sy glimlag. Sy kruip nog nie, en rol ook nog nie baie om nie, sy sit, en sal op haar maag wees vir 'n rukkie, maar dan wil sy ook nie meer nie. Ek probeer haar aanspoor om te kruip, maar sy wil nog nie regtig beweeg nie.


Popular posts from this blog

Is Corono over yet?--------------------Nope!

Entering our third week in Ankara–in waiting…

Visiting the historical sites in Ankara.