Ons sel naweek te Kiara Lodge, Golden Gate
Wel ja hier is ons nou terug na 'n heerlike maar uitputtende naweek. Ek is dood moeg en ek dink ek raak siek ook nog, my keel is nogal baie seer.
Ons het Vrydag hier weggekom en vir die Scholtze, al 8 van hulle (twee gesinne) by die Ultra city gekry en later weer net na die afdraai van die Highway af, toe ry ons verder saam, as ons alleen gery het, het ons dit in 3 en 'n half ure gemaak, maar so saam was dit toe 4 en 'n half, stop hier vir 'n piepie en daar vir 'n snack, maar dit was lekker gewees, en Zane het die saamgery baie geniet, wil net elke keer sien wie is nou voor en wie raak agter, Andre voor en Alicia is agter.
Ek moes my grote lyf daar tussen die twee kinders in die agterste sitplek is squeeze want
Nêo-Rie het begin ongelukkig raak, maar na Bethlehem kon ek darem weer voorsit want toe het sy aan die slaap geraak. En dit klink of sy nou wakker geword het, ek gaan dit net ignoreer dalk slaap sy weer verder, want sy nie nou lank geslaap nie.
Terug by my storie. Daar aangekom het ons uitgepak en reggemaak sodat die kinders net kan gaan slaap as ons klaar geeet het. Al die kinders het net na 9 uur uitgepas en was vas aan die slaap. Ons het buite gaan sit en begin braai, net wors vir worsbroodjies, en eers 10 uur geeet.
Hier net na 11 uur was ons almal daar, George en Christelle, en Danie en Elisma ook. Wel sy is nou wakker en sit hier agter my op die mat met haar speelgoed.
Saterdag was ons natuurlik eerste wakker, met ons klein kindertjies en het hulle probeer stil hou sodat die res nog kan slaap, van hulle het vrek laat eers wakker geword en ek het gewonder hoe voel dit om so laat te kan slaap. Zane het lekker gespeel en ook lekker geval, hy val gereeld want hy kyk nie waar hy loop nie. Alicia het ook lekker met Nêo-Rie gespeel.
Ons is later die oggende in Clarens toe het het daar rondgeloop en pannekoeke en wafels gaan eet. Ek en Danie is toe terug sodat die kinders kan slaap, die res het eers 'n trip deur Golden Gate gaan maak.
O ja Danie het ook die Vrydag verjaar, so ons het 6 uur die oggend, saam met Oupa en Ouma vir hom gesing "van der Merwe tradisie styl", Steph het ook saam gesing, hy het die naweek hier gekuier.
Saterdag middag was daar tennis gespeel en ook put-put. Die aand het ons lekker gekuier en gebraai en games gespeel, 30 second en revelations. Ek het Danie was aanmekaar in die verloor span, maar nou ja, ons sal weer eendag wen.
Sondag het almal die b
Die aand was dit bietjie moeilik met die twee, want albei was maar moeg en ons ook. Maar dit was lekker om bietjie weg te kon kom ook.
Zane gryp hier die naaste man se broek, want hy is bang hy val van die berg af.