Die tyd vlieg

Dit is nou al die 20ste September, ek kan nie glo hoe die tyd vlieg nie. Zane is weer die afgelope 2 weke in een van sy toets buie. Hy kyk hoe ver hy alles kan vat. Alles is nee, of ek wil nie. Dit dryf my soms teen die mure uit, en ander kere het ek die geduld om dit net te ignoreer. Sonja, een van die mense in ons sel, het vir 'n paar maande by 'n tribe in Columbia of Equador gebly en hulle het haar geleer, as iemand met 'n slegte bui wakker word, ignoreer daai persoon want hy steek net die ander mense aan en dan verander hulle buie ook. Los die persoon tot hy/sy weer 'n mooi persoon is. Hulle pas dit toe ook in die tribe, almal doen dit, selfs met hulle mans en eie kinders. Ek het gedink dit is 'n great ding om te doen. Soms wil ek myself ignoreer. Maar ja ek doen dit toe met Zane gisteraand in die bad. hy het geskree en gemoan, en ek het al my aandag toe op Nêo-Rie gefokus, haar klaar gebad en aangetrek toe hy ophou moan het, toe het ek in die badkamer ingegaan en haar bad begin uittap, Zane wil dit toe doen, en net daar was hy toe 'n ander mense. Ek gaan dit nog so paar keer probeer, dalk kry hy die boodskap dat dit nie nice is nie. Dit is nou as die geduld by my bly, want glo my jy het baie daarvan nodig.

Zane kan nie swaard sê nie en sê dan smaard, dit is eintlik so oulik, hy sukkel maar nog met 'n paar woorde. Dane en Karla het hier gekuier vir 'n paar dae en hulle 3 was saam met ouma en oupa dieretuin toe. Doodmoeg teruggekom en my kom vertel van die kameelperd wat nie wou ophou piepie, blykbaar langer as 5 min sê ouma. Hulle het dit baie geniet, Leeus en tiere gesien, ook bokke en 'n arend.

Klein madam kruip nog nie, maar sit en bekyk alles. Sy was ook vir een week baie moeilik en baklei teen die slaap. Dit gaan egter nou beter. Ek kan nie glo sy is al amper 9 maande oud nie. Sy sign nog nie terug vir my nie, en ek dink dit gaan dalk nog so rukkie neem, ek hoop sy sign vir my. Ek vergeet s
oms om te sign, maar sodra sy begin, wie weet wat sy sal onthou. Sy kyk nie altyd vir my as ek wil sign nie, so ek weet nie eers of sy dit sien nie.

Verder, Danie het nog nie ander werk gekry nie, maar wel 'n verhoging by sy werk e
n flexi-tyd. So ons is baie bly daaroor. Ons wil graag in Oktober bietjie afgaan plaas toe vir 'n week, maar nou het sy handlanger bedank en hy moet dalk die nuwe ou oplei in Oktober, so ons sal maar sien wat gebeur. En dan ek, ja wel, is darem nie meer so moeg nie, ek weet nie wat dit was nie, maar ek was konstant moeg vir seker 'n maand. Ek wil baie graag betrokke raak by Royal Kids Kampe, maar ek sal moet wag tot volgende jaar, ek kan dalk net solank die proses aan die gang sit. Sal later meer uitbrei oor die topic.


Comments

Popular posts from this blog

Is Corono over yet?--------------------Nope!

Entering our third week in Ankara–in waiting…

Visiting the historical sites in Ankara.