Nog 'n jaar amper tot sy einde




Gister was Zane se laaste dag by die skool, ek weet nie regtig hoe ek voel nie. Ek en Danie en Nêo-Rie het hom saam gaan haal. Die mense by die skool het gesê hulle gaan hom mis, ek gaan seker ook die skoolopset mis, ek sal moet sien hoe lyk dinge volgende jaar.

Ja wel, so vandag was sy amptelike eerste vakansie dag. Ons aan die anderkant hou nog nie vakansie nie, en weet nie of ons ooit dit sal kan doen nie.Vandat jy kinders het, hou net hulle vakansie en jy bly maar werk op 'n manier.

Ons het nou die laaste paar weke hard gewerk om die "skool" (speelkamer) reg te kry vir die kinders. Pa Jacob en Danie het gehelp om kaste in te sit, gordyne is gewas, mat gewas, mure geverf en gordyne is opgehang. Alles of omtrent alles is nou al in kaste. Ek moet Desember maand bietjie werk maak van 'n program wat ek wil volg volgende jaar. Ek moet nog mooi kyk wat ek gaan doen.

Christelle land more en dan is dit haar ooievaarsparty, ek hoop sy is okey daarmee, ek dink nie na so 'n lang vlug en swanger te wees sou ek dit kon manage nie. Sy bly dan tot na Kersfees, en Willem kom ook vir Kersfees huis toe. Ons is natuurlik baie opgewonde. Dan oor twee naweke is die troue 1 van die jaar - Petrus en Sashi, en dan so 2 weke na hulle troue 2, Susan en Wilhelm se troue. Ek is trots om myself dat ek sy naam onthou het, dit is 'n eerste, veral as ek die persoon nog nooit gesien het nie.

Vanoggend het ek en Zane die Kersfeesboom opgesit, (ja ek moes deel in my vreugde) Ek is mal oor viersierings ens, so nou kon ek die vreugde deel, net soms was ek bang jy trek die boom om, of laat val van die delikate versierings maar ons boom lyk pragtig. Zane het heel laaste die ster op die boom gesit. Toe wil hy weet hoekom kom die ster laaste op die boom - ek het nie geweet nie, en "sommer" gesê. Ek dink ek moet gaan oplees en hom dan vertel, op daardie oomblik was ek net nie lus vir nog 'n "hoekom?" nie.

Ja, Ja ek weet hy moet leer, maar dit dryf my teen die mure uit, ek weet nie hoe gaan ek dit oorkom nie, dalk deur elke keer 'n antwoord te soek, ek weet nie, ek sal maar nog sien.

Ek het nou gedog hulle altwee gaan nou slaap, maar Nêo-Rie, skree nou daar in haar kot. Ek gaan haar maar so rukkie los, sodat sy self kan slaap.

En ja so is Kersfees al ook om die draai, ek kan nie glo laasjaar die tyd het ons in die buite kamer geslaap met 'n bouery in ons huis nie en hoogs swanger. Ek voel baie beter die jaar.

Ons wil vir Zane bietjie leer swem die Desember so ons hoop hy kry dit reg.

Popular posts from this blog

Is Corono over yet?--------------------Nope!

Entering our third week in Ankara–in waiting…

Visiting the historical sites in Ankara.