Nêo-Rie is 10 maande oud

Ja wel 10 maande oud, die tyd vlieg darem verskriklik. Sy sit nou hier langs my op die vloer en probeer haar eerste kruippoging. Ag sjame, nou net haar kop teen die lessenaar gekap, dit gaan haar eerste bloukol wees. Sy begin nou al hoe besiger raak, maar slaap darem nog goed, en dit lyk my sy begin nou al langer slaap in die aande, nog nie meer as 7 ure nie, maar ek kry darem so bietjie meer slaap in. Ek voel nou al rustiger oor die hele tuisskool ding, en het nou al met 'n hele paar mense gesels en ja, ek het klaar kennis gegee by Zane se skool, so nou is ons volstoom in die ding. Ons gaan Saterdag na so Homeschooling expo toe, en net so bietjie rondloer, maar ek dink het al besluit waarmee om met Zane te begin. so Desembermaand sal ek my plannetjies moet uitwerk en 'n jaarprogram moet uitwerk vir Zane en Nêo-Rie. So ek gaan redelik besig wees.

Zane gaan ook vir die eerste 13 dae in Desember swemskool toe gaan, dit beteken dat November sy laaste maand by Regio skool gaan wees.

Nog net 50 dae voor Kersfees en ek het nog nie eintlik geskenke nie. Nêo-Rie verjaar ook so vroeg in die jaar ek moet nog iets vir haar ook gaan soek. En dan is daar nog 2 troues ook in Desember. Net spending tyd Desember.

Ek is besig om die stunnigste boek te lees. "Kweek kinders met Karakter" van Hettie Brittz, ek bemark dit sommer hier vir wie ook al lees. Gaan koop die boek as jy dit nog nie het nie. Gaan kyk ook na haar website:
http://www.immergroenouerskap.co.za/index.html
Daar is die wonderlikste raad ens op. Dit is nou as jy kinders het of vriende met kinders, stuur die link vir hulle.

Wel dit is dit vir nou. Moet nou eers bietjie huis skoon maak.


Popular posts from this blog

Is Corono over yet?--------------------Nope!

Entering our third week in Ankara–in waiting…

Visiting the historical sites in Ankara.