Die einde van 2007
Ja Kersfees het gekom en gegaan, en so ook die familie. Ons is vandag vir die eerste keer alleen,
Willem en Stella het vanoggend vertrek na Pietersburg. Dit was sowaar 'n dol kersfees maar baie lekker. Veral omdat ons hele gesin bymekaar is en ek het besef hoe genadig ons is om nog ons hele gesin bymekaar te hê vir Kersfees. Dit was Zane se eerste Kersfees saam met die familie, verlede jaar was ons alleen, en dan natuurlik Nêo-Rie en Steph se h
eel eerste Kersfees ooit. Kersoggend is die hele familie (amazizngly) 20 voor 8 by die kerk net om uit te vind die kerk begin eers 9uur. So toe is ons almal terug huis toe, en Pa (oumpa Jacob) het toe vir almal kerk gehou, eintlik meer vir die kinders en toe is daar geskenke oopgemaak. Kersfeesvader (met sy donkerbrille, of myne) h
et daar opgedaag om die kinders se geskenke uit te gee, Nêo-Rie en Steph het nie van die witbaard man gehou nie, maar die ander 3 was heel in hulle skik, die hele geskenk uitdeel gaan toe verder na die volwassenes toe en elkeen kry toe 'n beurt op op Kersvader se skoot te sit, behalwe Hannes ons weet nou nog nie waarheen hy verdwyn het net toe Kersvader opgedaag het nie.

Die begin van die geskenke was rustig maar dit het gou ontaard in chaos. Ons kon eers later sien nou wie het wat gekry vir Kersfees. Die middag was daar geswem en gekuier, ek het natuurlik begin om Nêo-Rie se koeke en cupcakes te bak en te versier vir haar "Skaap" partytjie die volgende dag want Schalk en Gerda hulle moes weer die oggend vertrek, ek sal dit nie sommer weer doen nie, ek was baie uitgeput d
aarna het gister omtrent die hele dag probeer herstel.
Zane, Karla en Dane het ook baie lekker gespeel maar ook lekker baklei, weet nie wat in Zane in
gevaar het nie hy was nogal geniepsig en soms net blatant stout. Toets sy grense, veral as daar so baie mense is. Die kinders se slaap skedules was ook so bietjie uit, maar ek hoop om dit vinng weer reg te kry.
Nêo-Rie se 1ste Verjaarsdag partytjie was ook lekker dat ons die familie hier kon gehad het, sy het haar eerste koek vernietig, en my eerste probeerslag aan 'n koek, die skaap het nie te sleg gelyk vir my eerste koek nie, ek sal nog beter
raak met tyd. Enigste maatjie was Jadon, Ockie en Jolandi se seuntjie van 6 maande, en later het die bure ook oorgekom, Lynn met Kylie en Jaden. Kylie is 5 en Jaden is 9 maande oud.
Jammer al die ander mense kon nie kom nie, maar dit is die dag na Kersfees so dit is ook verstaanbaar.
En so loop die jaar op sy einde, ons gaan nog plaas toe in Januarie sal seker die 2de ry van hier af en dan in Bloem by Johannes hulle slaap en dan op die 3de (Nêo-Rie se verjaardag) verder ry.
Daar het soveel amazing dinge gebeur die jaar, en daar nog 'n vol en dol jaar voor, ek moet nou my kleuter, peuter en baba kerk bediening uitsorteer en so ook die skooljaar beplan van Zane, en dan is daar natuurlik nog die werk by MES ook
, ek hoop ek sal alles kan hanteer, dit lyk nou bietjie baie vir my, maar sodra ek net aan die gang kom behoort ek te oorleef, dis net dat ek nog wil tyd he vir myself, my blogging, my scrapbooking en my kuns. Ek oorweeg dit ook om te begin cupcakes bak en my kreatiwiteit so uit te leef.

Danie het vir my 'n wonderlike geskenk gegee vir Kersfees, en almal in trane gehad, sy geskenk aan my was Spreuke
Dankie my liewe man, jy is vir my ook meer werd as Goud en edelstene.
My huis is ook skoon en dit voel heerlik, Martha het kom uithelp vandag, so dit laat mens sommer goed voel om weer 'n skoon huis te he.
Nêo-Rie kan al die volgende woorde sê: mamma, pappa, ouma, buite, bad, bal, Potter (die boek wat ek gelees het) en uh-uh. Sy skud haar kop as ons vir haar nee sê. Sy verstaan ook al baie signs maar sign nog nie terug nie. Ek weet of nou nie meer of sy gaan nie, maar sy verstaan, die volgende signs:
Ek en Danie moet nou nog die skool reg kry en ook die klimraam gedeelte dan is ons reg om te begin werk.
So dit is dan nou amptelik die einde van my blogging vir die jaar. Ek sal in volgende jaar weer alles voorsit.