'n Dolle maand
Ja, die jaar is amper op 'n einde. Ek kan nie glo hoe die tyd gevliegf het nie. Daar het ongelooflik baie in die jaar gebeur. Nou is daar nog net Kersfees oor en 'n lekker kuier saam met die familie.
Wel vandat ek laas getik het, was daar 2 troues, en Nêo-Rie het 11 maande oud geword, Oupma en oupa Hendrik en Esther en Engela was hier, en ons het 'n familiefees gehad by Benlize net bokant die Hartebeespoortdam. O ja en ek en Danie en Nêo-Rie was siek, en dit lyk nou of sy alweer siek is. Danie het die siekte die ergste gehad of die meeste aangesit, ons sal nie regtig weet nie want hy raak omtrent nooit siek nie.
Nog net 'n paar dae dan is Nêo-Rie 1 jaar oud. Ons het besluit om twee partytjies te hou. Een hier en dan weer een op die plaas, aangesien Danie nie uit die Johannesburg omgewing mag gaan nie, kan ons nie oor haar verjaarsdag op die plaas wees nie.
Die troues was albei stunning ek was net op die een weens Nêo-Rie redes, maar het die fotos van die ander een ook gesien. Daarna het ons saam met die fam gekuier, Zane het sy longe los gespeel. Hy het vandag 3 en 'n half ure lank geslaap tydens sy middagslapie, wat nog nooit gebeur het nie. Al die laat aande en vroeg opstaan en speel het hom seker uitgeput, ons natuurlik ook. Doodmoeg.
O ja ons was ook vandag by 'n begrafnis, Jaco se pa is oorlede en dit was nogal bad om hulle almal so hartseer te sien, ek het die kinders opgepas so die diens gemis, maar ek sou in elk geval net gehuil het, so dit is dalk beter so.
Willem land nou Vrydag dan is ong gesin weer voltallig, o ja ek het al vergeet, Stella se ooievaars was die 1ste Desember en dit was net so lekker, net jammer Nêo-Rie het so geskree net toe die persente moet oopgemaak word, so ek kon nie alles sien nie.
Nêo-Rie en Steph en Elena het baie lekker gespeel, elkeen op sy eie, maar hulle het darem mekaar se speelgoed afgeneem. Zane het ook baie lekker met Ivy en Karla en Dane gespeel, geswem en fiets gery en dan natuurlik gebad ook, todat iemand die spuit van die borrelbad opgedraai het en die hele badkamer en klere en nagklere van al 5 kinders sopnat gemaak het.
Nêo-Rie se slaappatroon is ook nie so goed die afgelope week nie, nou weet ek nie of die eerste 2 weke van deurslaap net 'n frats was, of 'n guns nie, maar ek hoop dit gou terug, ek het nogal geniet.
Liesl en Aila en Jaden het ook kom kuier, en dit was heerlik gewees, Zane het ook hier baie lekker gespeel, en hulle het nooit baklei nie, ek het nie eens geweet van hom nie so lekker het hulle gespeel.
En dan natuurlik was Zane by die huis van die 1ste Desember af, dit is nogal 'n challenge en dit maak my nogal moeg want die twee se slaap is nie gesync nie en dan kan ek natuurlik nerens heen gaan nie. Nie dat ek regtig kon nie, want ons bakkie se enjin het ook die gees gegee, so ek was vir so week sonder 'n kar en toe 'n week siek gewees.
Ek sit nou hier en dit is al na 10 uur in die aand en ek hoor net hoe hoes Nêo-Rie. Ek hoop regtig nie die siekteronde gaan van vooraf gebeur nie. Zane en Nêo-Rie is ook opgevreet deur die muskiete, Zane lyk eintlik erger, so hele rits hier teen sy kop af.
Ek hoop maar dit gaan gou weg. Wel dit is al vir nou, ek hoop om nog een keer te skryf voor die jaar op sy kop is.