Kuier in Thaba weer
Wel ja, nou is ek terug van Thabazimbi en Zane het klaar verjaar en Danie is nog in Thailand. Kom ons begin by die verjaarsdag weer. Ek weet daar is reeds 'n storie, maar hierdie is die update. Hy is nog steeds mal verlief op sy Mac trok en al sy karretjies. Hy het ook 'n blou en geel kombers gekry waaronder hy in die middae hier by die huis slaap, sy "superman" kombers. Ons het vir Ouma Esther 'n blou en geel prentjie geteken om dankie te se, dit moet nog net gepos word. Verder was die paar dae in Thaba lekker onstpanning en wegkomkans dat ek nie so alleen met die kinders is nie. Ma het darem ook gereeld kom help met badtyd en help nog steeds wat ek baie waardeer.

Terug in Thaba, Hannes het gaan jag so dit was net ons by die huis, en ons het heerlik gekuier. Dit was net so lekker om nie kos te maak en wasgoed te was nie, net so breek, en ook om 'n huishulp te he wat die huis skoon maak, so 'n voltydse hulp is baie werd, ek sien dit, maar ja nie nou die geld om 'n voltydse hulp aan te stel nie. Johanna is darem vandag hier so dit help.
Met Zane gaan dit baie goed, hy het 2 dae saam met sy niggies skool toe gegaan, en dit baie geniet. Nêo-Rie het dit seker geniet om amper permanent in haar ma se arms te wees, as ons rondgery het ens en by mense gaan kuier het. my linkerarm het ook 'n klomp spiere bygekry. My hand voel nog steeds nie of dit aan my liggaam behoort nie.
Die kinders het soontoe en terug soos 'n droom geslaap so ek het eintlik maar alleen bestuur. toe ons hier aankom Dinsdag was dit ysig koud gewees, ek en die kinders was nie heeltemal reg aangetrek gewees nie, so ons was maar toegewikkel in komberse. Woensdag is Zane weer skool toe vir eendag en ook gimnastiek toe, ons het begin daarmee en hy geniet dit baie, rol 3 keer waar hy een keer moet rol, maar dit is seker maar seuns vir jou, ek sal nie weet hoe werk hulle koppe nie, dit is nogal 'n challenge om seuns groot te maak as jy nie weet hoe hulle dink nie.
Gister was 'n vakansiedag en ons het nie veel gedoen nie. Schalk en Schalk was hier en toe maak ma 'n boud en ons eet lekker saam. Steph het nou al 3 tande, kan jy dit glo. Nêo-Rie het nog niks nie, en wil nog nie kruip nie, klein Steph kruip so agteruit en wieg heen en weer op sy arms en tone, baie oulik. Hy het ook die breedste glimlag en lag te oulik.
Ek het gisteraand met Danie gepraat en dit was wonderlik om met hom te kan praat vir die eerste keer in 'n week. Ek mis hom geweldig en is mal oor die man van my. Zane het ook met sy pa gepraat, en vir die eerste keer in 'n week se tyd het hy 3 keer opgestaan en langs my bed kom staan en 2 keer gehuil in sy bed. Nêo-Rie het ook 'n hele paar keer wakker geword in die nag en so teen 3 uur toe laai ek haar saam met my in die bed dat ek net so bietjie kan slaap. Danie moet nou terugkom dat hy ook kan opstaan as dit sy beurt is, ek raak nou baie moeg vir die min slaap.
Nêo-Rie spring nou hier agter my in haar jolly jumper en gesels vir 'n vale. Sy gesels deesdae baie, 'n vrou by die gimnastiek het gese dat sy my ore van my kop gaan afpraat. Ek het vandag vir haar 'n stukkie kaas en 'n snytjie brood (saadbrood) gegee en sy het dit geeet, nou nie alles nie, maar sy het.
Nog net 'n dag en 'n half dan is Danie by die huis, ek sal hom vanaand weer probeer bel, oops dit is al vannaand daar, laat ek gou bel, ..... toe nie daar nie, dit is nou so half 7 in die aand daar, hulle is seker uit so ek sal later probeer.