Zane word 3

Ja hier sit ek nou, wedevrou. Danie het vanoggend gevlieg Thailand toe. Wel gister het Zane 3 jaar oud geword. Hy is vroeg , soos die van der Merwe tradisie is, wakker gesing deur Oupa Jacob en ouma Ettie, mamma en pappa. Hy was so skaam hy het weggekruip agter Danie. Toe kon hy 3 van sy geskenke oopmaak. Sy wonderlike kombers wat ouma Esther gebrei het, en 'n Cars kosblik en koppie. Toe het Danie hom skool toe geneem, maar o ja, hy het ook sy nuwe klere aangetrek, sy Cars broek en hemp, ook van ouma Esther af. Ek en Danie en Nêo-Rie het so 9:30 skool toe gegaan met sy Cars koek, en Cars pakkies en a sak ballonne vir die kinders. Daar het ons sy partytjie gehou, alles binne 'n halfuur.

Ek het vir die kinders kospakkies gemaak, met 'n yogart, hoenderboudjie, 2 cupcakes, 'n pakkie chips en 'n lekkertjie in. Die seuntjies het elkeen 'n klein trekker en wa gekry en die dogtertjies skoenlappers en 'n armbandjie.

Ons het toe vir Zane huis toe gebring waar hy nog 'n geskenk kon oopmaak. Die keer was dit die karre van Radiator Springs. Hy kon nie ophou lag nie. Later die middag nadat hy geslaap het, of nadat Gerda hom wakker gemaak het, het hy nog 'n geskenk gekry van Gerda, Karla en Dane af, en dit was Lightning McQueen en die ander resies karre van die Piston Cup. Nou was hy eers opgewonde. Toe het ons weer 'n partytjie by ouma gaan hou met nog 'n koek en lekkergoedpakkies. Daarna het hy nog 'n geskenk gekry. - Max die trok. Nou was sy dag gemaak.

Later die aand het Danie weer teruggekom van die werk af, na 'n dol dag. Zane was die hele dag opgewonde en het moeilik gaan slaap. Maar nadat pappa vir Jona gelees het, het hy rustig gaan slaap.

Vanoggend is ons almal lughawe toe om babaai te se. Ek dink nie hy besef hoe lank sy pa gaan weg wees nie, ons sal maar sien hoe gaan dinge. Wel ek is nou gepak en reg om more na my Sign language klasse die pad te vat Thabazibi toe.

Nêo-Rie is ook nou al oormore 7 maande oud, en groei net by die dag. Sy eet ook al, al te oulik en sit nou al baie mooi, net lui vir omrol en kruip, maar ons sal maar wag.


Popular posts from this blog

Is Corono over yet?--------------------Nope!

Entering our third week in Ankara–in waiting…

Visiting the historical sites in Ankara.