Zane ry fiets en Nêo-Rie speel bal

Ja kan jy dit glo, 3 jaar oud en en ry 'n tweewiel fiets asof hy gebore is met een. En ons het hom nie eens geleer nie, toe ons weer sien toe ry hy. Glo my ek was baie verbaas toe ek by die skool kom om hom op te laai en hy jaag met die fiets rond. So ons kon nie anders nie, ons moes maar vir hom een koop. En nou kry ons hom nie weer van die ding af nie, as hy wakker word wil hy ry, voor hy gaan slaap herrinner hy ons dat as hy wakker word dan gaan hy fiets ry. Wel ons sal darem seker die geleentheid kry om vir Nêo-Rie te leer fiets ry, want dit was ons ontneem met Zane, hy was net te vinnig vir ons. Ek bedoel ons het eers leer fiets ry met kant wieletjies, eers 2 dan 1.

Met madam Nêo-Rie gaan dit ook goed, sy het net koors gehad die naweek en skree nou soms blou moord. Ons dink dit is dit dalk tande, ek voel niks in haar mond nie, maar dalk kom dit nou eers in die kaste in.

Engela was ook vinnig hier, en sy het haar toe vir die eerste keer gesien.

O
ns was die naweek by vriende van Danie se 30ste verjaarsdag en dit was nou baie lekker. Hy bly op 'n plot en dit was 'n helse party. Daar was springkastele vir die kinders en dan waterslides, paintball, gladiator bane en boks vir die grootmense (meestal die mans) Ons het dit baie geniet en Zane het met die paintball balletjies gespeel en gedruk tot dit gebars het, sien foto van verf op gesig.

Toe ek vir Zane eendag die week by die skool gaan haal het, het ek 'n ruk lank in die kar gesit en gewonder wat ek sien, toe besef ek , ja dit is Zane, toe ek nader kom, moes ek net nie lag nie, dit het glad nie soos hy gelyk nie, hulle het hom 'n tier geverf. hy wou dit natuurlik nie afwas voordat sy pa hom nie gesien het nie.

Popular posts from this blog

Is Corono over yet?--------------------Nope!

Entering our third week in Ankara–in waiting…

Visiting the historical sites in Ankara.