Baie deurbrake gemaak
Okey, die besluit is geneem. Ek gaan volgende jaar vir Zane ook by die huis hou en hom self skool gee. Ja dit het so rukkie geneem, maar ek weet dit is wat ek nou moet doen. Ek het begin rondkyk na programme ens, en toe besluit ek gaan op my eie eers voort, met die hulp van ma, praktika en die graad O boek. Dit gaan nogal 'n uitdaging wees. Ek het gedink om 'n proeflopie te doen volgende week, maar ek wil nog bietjie vryheid beleef. Dit is moeilik om te dink ek gaan my vryheid opgee. Nie kom en gaan soos ek wil nie. Met Nêo-Rie is dit nie so moeilik nie, sy kla nie so baie soos Zane as ek te lank in die winkels is nie, want sy word gestoot in die waantjie en Z
Nêo-Rie het op die 19de Oktober haar eerste "sign" gemaak, dit is die een vir melk. Sy was besig om te drink, en die melk wil toe nie vinnig genoeg uit nie, toe begin sy sign. Dit is baie oulik. Sy het ook bietjie agteruit geseil om haar maag, haar arms begin nou bietjie sterker word. So die 19de is daar deurbrake gemaak daar, en ek probeer haar nou meer op haar maag ook neersit, maar sodra ek haar neersit dan rol sy om tot op haar rug. Maar aanhouer probeer.
Ek weet daar is 'n paar mense wat nie dieselfde voel oor God se opdrag as ons nie, en dit maak dit nogal moeilik as jy voel jy moet jouself verdedig en dit wat God vir jou as opdrag gegee het, en nou weet ek hoe moes Abraham seker gevoel het. Hel hy het niks geweet wat voorle vir hom nie, maar hy het gegaan en kyk waar sit ons nou. (met dieselfde opdrag)
Ek is nou ook by Weight watchers, en die eerste 2 weke het goed gegaan, maar nou die laaste paar dae is dit bietjie moeiliker vir my, maar ek gaan vasbyt. Ek moet nou iets doen, as ek kan ophou rook, dan kan ek seker reg eet ook. Ek wil volgende week begin Gym. Dit is nou al more ja, ek moet net deurdruk met my planne, want raak vinnig lui. Ek wil baie graag vir Zane laat dans, Afrika danse, ek kry net nerens 'n plek in Pta of Centurion nie, kan jy dit glo, ek het gedink ek dans dan sommer saam met hom, leer dit ook, maar dit lyk my ek sal Johannesburg toe moet ry vir dit. Yeoville van alle plekke, maar ek soek nog.