Posts

Showing posts from 2008

Amper Desember

Image
Ag ja, ek het baie lanklaas geskryf, so lui en moeg, maar ek weet ek moet skryf, so nou het daar iets gebeur toe dog ek ek trek myself maar van die bank af op en skryf weer so ietsie. Ek is nou so amper 10 weke swanger, en kan nie wag vir die moegheid om my te verlaat nie. Christelle is so 11 weke swanger so ons is weer so saam saam in die familie swanger. Nêo-Rie het nou-nou vir die eerste keer haar eie naam gesê. Dit was so oulik gewees. Ons moet eintlik nou Spar toe gaan maar ons is almal te lui. Nou kom ons kyk wat het intussen gebeur, wel daar het 2 nuwe niggies bygekom. Lua en Isabel. Lua is Schalk en Milan se dogtertjie en Isabel is Lida en Johan se dogtertjie. Twee pragtige en klein kindertjies. Het vandag vir Lida gaan kuier en daai klein Isabel is nou net 2.1kg en is vrek klein, dit voel so snaaks om haar vas te hou, en sy skree en skop en gooi haar arms in die lug, totdat sy kry wat sy soek - melk. Zane raak nou ook vinnig groot. Hy het op 'n stadium in regressie gegaan...

Einde van Oktober

Dit is nou al die einde van Oktober, en daar het soveel goed al gebeur dat ek nie altyd tyd kry om te skryf nie, dan wonder ek ook of ek nie eerder die kinders se plakboeke moet opdateer nie, en dan dink ek weer maar ek sal dit nie kan saamneem die dag as ons gaan nie, so dis dalk beter om alles op die internet te sit, maar dan vra ek weet waar is die persoonlike touch wat elkeen van hulle moet kry. Ek oorweeg 'n spesiale storie vir elkeen wat hulle dan later sal kan lees. Ek moet dalk alles op die web sit. (dit voel net veiliger). Ek is bietjie agter met hulle plakboeke en en ook die scrabbooking, maar ek sal vinnig moet opvang want daar is nog 'n baba oppad, ja eers oor 9 maande maar ek sal moet opskud anders is ek te ver agter daarna. Ek moet biejtjie fotos ook laai, lanklaas geneem, of het geneem maar dit is RAW en ek sukkel om dit gelaai te kry, elke keer as ek my blog doen is Danie nie hier om te help nie. soos vanaand nou weer, maar die keer sal ek moet fotos laai. Ons w...

Warm Oktobermaand

Daar is tog soveel goed wat op die oomblik deur my kop draai, ek wil dit iewers neerskryf sodat ek dit net kan orden en uitkry, maar die blog is nie die regte plek nie, ek sal dit op 'n ander plek moet skryf. Sal later weer bietjie update hier.

Dit is Lente

Image
Dit is veronderstel om die maand van nuwe begin te wees, Lente, die bloeisels wat uitkom en eiers wat gelê word met nuwe lewens wat begin. Maar hier is ek doodmoeg en geiriteerd en kom nie eers daarby uit om my fotos te download en my blog te update nie. daarom is daar so min fotos deesdae. Hier gaan ook nie vandag fotos wees nie, miskien tik ek lank aan die ding en dan laai ek nog so paar fotos op. Dit voel so asof daar te veel goed is om te doen hier na die einde van die jaar se kant toe en ook te veel goed om aan te dink. Ek is nou al vir die afgelope 2 maande die hele tyd naar, en nee ek is nie swanger nie, alhoewel dit graag is wat ek wil hê. Soos ek en Nella nou die dag gepraat het toe ons by hulle 'n draai gaan maak het toe ons van Witrivier af gekom het. "God ek het nou alles in plek, die medies die kamer, Danie het nog 'n werk, alles is in plek, nou met G od net sy deel doen en my swanger maak", maar dit blyk of Hy dalk ander planne het, dalk net nadat ons,...

Lentedag

Ja trust lentedag om met 4 grade Celsius te begin. Ek het nie veel nuus nie, net dat Danie gister verjaar het, en my ma die dag voor hom. o ja en dat Karla, Gerda se dogterjie ook op daai dag, dis nou Saterdag van ons klimraam afgeval en albei haar pype(bene) in haar linkerhard arm gebreek het. Was dit nou 'n katestrofe gewees. 'n geskree en rondhardlopery om haar by die hospitaal te kry. Gelukkig kon sommige mense kalm bly-Schalk en my pa! Verder het die naweek rustig verloop, ons het gebraai en vir Hannes braaivleis hospitaal toe geneem. Gister was ons kerk se uitreik na die gemeenskap, en MES was ook op die lys, ons het gereel om na Zaziwe ons HIV Hospice te gaan, maar niemand het opgedaag vir ons trippie nie, seker bang vir AIDS. Ek en Danie het toe maar alleen gegaan, ons kon nie die mense drop nie. Die matrone - Francine- sê toe dat dit nie AIDS is wat mense dood maak nie, maar die stigma daaraan, want dan is niemand bereid om uit te reik nie. Verder sukkel Nêo-Rie nog ...

Zane word 4 jaar oud

Image
My seuntjie is nou al 4 jaar oud, en sommer so met die verjaarsdag word hy wyser en word sommer groot. Ek en Danie en Nêo-Rie wou hom wakker gesing het, maar hy het nie wakker geword nie, toe maak ons maar eers die gordyne oop en sing toe weer, toe word hy ietwat wakker. Daarna h et hy sy eerste geskenk oopgemaak - Quincy van die Little Einsteins. (Van Oom Hannes en tannie Gerde en Dané en Carla) Ons is daarna na ouma en oupa toe, wat weer vir gesing het, daar het hy geskenk nommer 3 gekry, Leo se Baton. (kondukteer stokkie) Hy was baie opgewonde. Toe ons teruggaan huis toe sien hy nog 'n geskenk raak en wil dit toe dadelik oopmaak. Ek sê toe ons moet eers eet, na ete hardloop hy soontoe, maar toe moes ons eers aantrek, hy het skaars aangetrek toe is hy weer daar, toe moes hy eers wag dat ek vir Nêo-Rie klaar aantrek, en toe kon hy dit oopmaak. Dit was June (ook van die Little Einsteins) van Oom Willem, tannie Christelle en Alexia af. Toe is hy sommer uit sy vel uit en wou weet w...

Terug by die huis

Image
Dit is nou al amper die einde van die maand. Ons is nou al so week terug by die huis en my lewe begin nou weer orde kry, of nie heeltemal nie want ek moet nou eers 'n partytjie reël vir Zane wat volgende week verjaar, 4 jaar oud, ek kan dit nie glo nie. Ons gaan sy verjaarsdag op die 2de Augustus hou. Ek het hom nou begin voorberei dat hy 'n Little Einstein partytjie gaan kry en hy begin al baie opgewonde raak, ek kan nie wag dat hy sy geskenk - 'n rocketship met Little Einstein mannetjies moet oopmaak nie. Hy gaan uit sy vel uit wees, ek sal alles op video opneem en dalk kry ek dit reg om 'n videoclip te maak en op die blog te sit, wie weet. Ek moet nou more al die goed gaan koop, want ek sit nou al 'n week sonder 'n kar, die ratkas van die Renault het gebreek toe ons teruggery het van Maclear af, en dit gaan nog lank vat om reg te maak, daar is geen parte in SA nie, kan jy dit glo! Ek gaan ook die Sondag weer begin met die Bababediening by die kerk en dan ook ...

Eerste week in PE vervolg

Image
Nou ja hier is ons weer, en die keer probeer ek dit bietjie anders doen, ek doen dit in Word en dan gaan ek dit probeer laai, so ek hoop dit werk, ek hoop ook my fotos sal lekker werk hierin, sal maar moe t sien. Hier is ‘n foto van Nêo-Rie die dag toe sy 18 maande oud geword het, ons het bi etjie b y Tannie Erra gaan kuier en koekies en koffie/koeldrank gaan drink. Zane het met sy skaatsplank sy lip oopgeval en blou moord geskree, en toe sê hy vir my sy lip is no u vetter. Dit het nogal ‘n bonk gestaan, en hy was die he le dag jammer vir homself en het sy pa die aan d gewys, maar die volgende dag was amper alles vergete. Op die oomblik is nog steeds koud hier, ons het s o een bar hea tertjie by Blick geleen so stokou ding om net ons huis bietjie warmer te maak, maar blykbaar mag jy n ie dit hier gebruik ni e want dit trip die krag, maar ons sit om aan en hoop vir die beste. Soos julle gelees het, het ons vir Zane ‘n s kaatsplank gekry en vir Nêo-Rie ‘n rooi fietsie, s...

Eerste week in PE

Image
Weer 'n ysige dag in Port Elizabeth, ek kan nie glo ons is al 'n bietjie langer as 'n week hier nie, ons was die naweek bietjie Patensie toe, en toe ons gisteraand hier instap toe voel dit al soos huis, toe wonder ek hoe dit weer dit gaan voel as ek regtig by die huis kom, soos huis-huis!. Ek kan nie glo dit is so koud nie, maar kom ons begin by die begin. Ons het die 26ste gery en die aand in Colesberg geslaap en dit was baie koud, daar is nie verwarmers nie want hulle sê dat dit die krag gaan trip, so Danie het die tweeplaatstofie wat daar gestaan het die hele aand vir ons aangelos en dit het 'n groot verskil gemaak. Die oggend vroeg het ons ontbyt geëet en toe het Danie die ys van die kar gaan afwas sodat ons kan ry. Ons is toe verder en die twee dae het die kinders baie goed gery, ons het nooit geskukkel nie. Hier in PE aangekom is ons baie vriendelik ontvang en was ons baie verbaas oor die woonstel waarheen ons geneem is, ek het dit baie kleiner verwag. Ek het d...

Ons seevakansie

Image
Nou is ons vakansie op 'n einde en Danie moet weer gaan werk, nie dat ek nie werk nie, mind jou, ek werk baie hard, net by die huis. Ons vakansie by Umhlanga was baie lekker gewees. Ons hele familie was daar, nou aan die van der Merwe kant. Al 6 en amper 'n halwe kleinkinders. Oudste Dané, dan Karla, wat 5 jaar oud geword het terwyl ons by die see was, dan Za ne en dan Nêo-Rie, Steph en dan die jongste is Alexia. Oupa en Ouma was baie gelukkig met al hulle kinders en kleinkinders bymekaar. Ons gesin het so twee dae vroëer gery en in 'n Gastehuis in Pinetown gebly terwyl Danie twee dae vir Blick gewerk het. Dit was ook lekker rustig, behalwe die eerste aand was Nêo-Rie maar moeilik. Toe ry ons Balito toe om vir Delene te gaan kuier, oppad soontoe bars ons nuwe band, oor iets gery, so dit was nou nie so lekker nie. Dit was wonderlik om Delene weer te kon sien, net jammer dit was so kort gewees, sou mekaar later weer sien, maar toe raak sy siek , so ons sal maar per email ...

Amper die middel van die jaar

Image
Vandag is yskoud, dit is nat en koud, snaakse weer vir Mei maand. Dit is ook Sondag vandag en ons het die kinders nou in die bed gesit vir hulle middagslapie, en ek is ook baie lus om in te gaan inklim, net my blog skryf dan is ek ook weg. Ons het verlede naweek ons tweede Support group meeting gehad (Kruiskulturele aanneming) en die kinders het regtig lekker gespeel, net moeggeraak hier aan die einde van die dag. Nou ja dit lyk of ons die volgende paar weeke en naweke baie gesig gaan wees. Volgende naweek is die basaar, en dan het ek 'n supportgroep wat ek in Johannesburg wil gaan bywoon, die naweek daarop is ons almal (die van der Merwe familie) in Umhlanga vir 'n week, wat beloof of fun te wees, dan die naweek daarna is daar 'n partytjie en nog 'n meeting en dan is ons weg PE toe vir 3 weke en as ons terugkom is die Zane se 4de Verjaarsdag, so dit lyk of ons eerste oopnaweek is die 9 Augustus gaan wees. Ons het so baie dinge om nog hier by die huis ook reg te maak s...

Nog 'n jaar ouer

Image
Gister was my verjaarsdag gewees, ek kom nou op daai statuim waar ek nie meer my ouderdom wil gee nie, ek kan nie glo ek is al 35 jaar oud nie. Shocking!. Ek wil my blog skryf maar ook nie regtig nie, te lui. - Ons wag nog vir tande Nêo-Rie se tand nommer 4 het die 3de Mei sy verskyning gemaak, daar sit nog 3 tande reg om uit te kom, almal bo. Sy was nie 'n plesier gewees die afgelope paar weke nie, wou ook nie eet nie, maar nou eet sy tenminste 'n paar goed, net nie altyd die kos wat ek wil gee nie. Ek is moeg, nie net slaapmoeg nie, maar moeg, voel ek het 'n vakansie nodig, die ma-wees ding gee nie eintlik vir jou verlof nie. Gister is Deon en Corne ook weg Thailand, en dit was nogal 'n hartseer episode daar op die lughawe, hulle kom eers oor 4 jaar terug, maar ons probleem is, ons weet nie of ons dan nog hier gaan wees nie, maar ja net God weet op die oomblik. Ons was ook vir 'n naweek in Thabazimbi gewees, en die kinders het dit baie geniet. Zane wou nie huis to...

'n Tribute vir Moses

Image
Hierdie is vir my liefling hond Moses, hy is vanoggend raakgery en die persoon het hom veearts toe geneem, die het ekstrale geneem en gese dat hy dit nie gaan maak nie. Dit was my eerste eie hond en my hart is baie seer. Orals waar ek kyk by die huis sien ek sy kombers, en sy balle en sy kussing en sommer net alles van hom, waar hy vanoggend in die son gele het en waar hy altyd teen die venster kom staan het, en ja waar hy altyd teen die bank gepee het. En ek dink hoe hy altyd die bubbels gehap het as ons dit blaas, en hoe hy niks van bad gehou nie. My spesiaale hond, my hond wat vir groot dinge bestem was, en wat ons al baie geld uit die sak gejaag het by die veeartse is nou nie meer daar nie. Die trane rol oor my wange en ek mis hom. Zane kan nie heeltemal verstaan nie, maar ons het altyd vir hom gese hy moet nie oor die straat hardloop nie, want die karre gaan hom raakry dan gaan hy so plat soos 'n pannekoek wees, toe ons later uitry in die straat toe se hy dat hy nie vir Moses ...

Lesotho uitreik

Image
Dit is nou al middel April en daar is alweer 'n hele maand verby waarin baie gebeur het. Willem en Stella se klein Alexia is gebore, tot almal se vreugde, maar toe die skok, sy mag dalk 'n ernstige virus opgedoen het. My hart breek, want e k weet hoe ek gevoel het, net toe ons reg was om huis toe te gaan, was daar vir ons vertel dat Neo-R ie geelsig het, en dalk sal moet bly, dit het my gebreek, e n so ek kan net din k hoe Willem en Stella moet voel. Ons wag nou juis vir die resultate so ons bid hard. Verder was ons Lesotho toe vir 'n week. Dit was nogal lekker. Die kinders was heel rustig in die kar tot daar en ook weer terug. By die grenspos het hulle ekstra hard na ons gekyk en alles wat ons omtrent het, deursoek, die rede hiervoor was Zane, hulle meen hy lyk na 'n Sotho, maar hulle is nie ver verkeerd nie, aangesien hy 'n Tswa na is. Dit was nogal 'n senutergende trip gewees met die Renault en die waantjie by sekere afdraandes en dan ook by dit Chief s...

3de Maand en 3de tand

Image
Ja, haar derde tand is uiteindelik hier. Ek het gedog dit gaan die 3de Maart kom, want die eerste een was die 1ste Jan en die tweede die 2de Feb, maar toe kom dit eers die 13de Maart, op Gerda se verjaarsdag. Die afgelope paar dae is dit ewe skielik yskoud en nat, glad nie 'n goeie kombinasie nie. Ek bedoel dit is ysig, maar natuurlik sal Danie nie dink dit is koud nie, en kan ook nie verstaan dat ek heaters wil aansit nie. Die homeschooling gaan heel goed aan, baie van die goed is bokant Zane se vuurmaakplek so ek vereenvoudig maar baie, maar die tel en letters kan hy nogal mooi onthou, ons het al die letter "t" en "b" gedoen. Met Nêo-Rie gaan dit ook goed, die tantrums is soms net so bietjie erg, sy het nogal 'n stem aan haar. Zane se maatjie Noah het weer kom kuier en die twee het lekker gespeel. Die niggies was ook hier vir 'n naweek en die drie het regtig baie lekker gespeel en omtrent nooit baklei nie. Dane is tog te oulik nou, sy is baie selfs...