3de Maand en 3de tand
Ja, haar derde tand is uiteindelik hier. Ek het gedog dit gaan die 3de Maart kom, want die eerste een was die 1ste Jan en die tweede die 2de Feb, maar toe kom dit eers die 13de Maart, op Gerda se verjaarsdag.

Die afgelope paar dae is dit ewe skielik yskoud en nat, glad nie 'n goeie kombinasie nie. Ek bedoel dit is ysig, maar natuurlik sal Danie nie dink dit is koud nie, en kan ook nie verstaan dat ek heaters wil aansit nie.

Die homeschooling gaan heel goed aan, baie van die goed is bokant Zane se vuurmaakplek so ek vereenvoudig maar baie, maar die tel en letters kan hy nogal mooi onthou, ons het al die letter "t" en "b" gedoen.
t die kinders een Saterdag na Bamboos geneem en toe het ons ook na Andre en Tiaan gekyk, om by die huis te kom het ons 4 kinders in die boot gelaai, gelukkig was Ouma saam om te help met al die kinders.
Dit was ook Zane se 3de aanneemverjaarsdag gewees die 10de Maart. En ons het Pizza gegeet om dit te vier.
Ons was ook by 'n partyjie gewees Stephan het 1 jaar oud geword en dit was 'n gogga party (Melinda se seuntjie) Daar was kos vir 'n nasie en baie oulik. Die kinders het heerlik gespeel, geval en seergekry en toe geeet.

Verder nog geen ander verwikkelinge rondom enige Sendingwerk of enige ander werk nie. Ek het besluit om alles eers te los, totdat daar iets van Danie se kant af ook kom.
Die koue en reenweer help nou glad nie met Zane se opgehoopte energie nie, ek kan net dink hoe die kinders by die skool moet wees as een so 'n handvol is. Hy gaan nou-nou huil as hy weer in iets vashardloop.

Nêo-Rie skree nou blou moord daar in haar kamer, wil nie slaap nie, dit is al 8:30 en ons het besluit om haar nou net te los en te kyk hoe lank sy gaan skree. Dit begin nou al beter klink dan gee sy nou weer so een skree, sy sal hopelik nou slaap. dit is nou net die laaste stuiptrekke. of dalk nie, daai een was nogal hard. ----- toe nie, moes haar nou eers panado gee, seker tande, en aan die slaap sus, maar nou slaap sy.
Steph raak ook al hoe groter, dit is amazing om te sien hoe hy en Nêo-Rie verskil en ook hoe hulle dieselfde is. Hulle speel ook lekker saam, maar Steph en Zane speel baie lekker saam.
Die afgelope paar dae is dit ewe skielik yskoud en nat, glad nie 'n goeie kombinasie nie. Ek bedoel dit is ysig, maar natuurlik sal Danie nie dink dit is koud nie, en kan ook nie verstaan dat ek heaters wil aansit nie.
Die homeschooling gaan heel goed aan, baie van die goed is bokant Zane se vuurmaakplek so ek vereenvoudig maar baie, maar die tel en letters kan hy nogal mooi onthou, ons het al die letter "t" en "b" gedoen.
Met Nêo-Rie gaan dit ook goed, die tantrums is soms net so bietjie erg, sy het nogal 'n stem aan haar. Zane se maatjie Noah het weer kom kuier en die twee het lekker gespeel. Die niggies was ook hier vir 'n naweek en die drie het regtig baie lekker gespeel en omtrent nooit baklei nie. Dane is tog te oulik nou, sy is baie selfstandig en het baie gehelp met Nêo-Rie, haar laat swaai en saam met haar gespeel ens. Ek het hulle twee ook eendag saam in die skool gehad en ons het die letter "b" gemaak en ook speelgoed geteken.
Ons heDit was ook Zane se 3de aanneemverjaarsdag gewees die 10de Maart. En ons het Pizza gegeet om dit te vier.