12 en 11 jaar herdenkings
Ja dit was skrikkeldag gewees en presies 12 jaar gelede het ek vir Danie gevra om met my te trou, en die eerste Maart was ons 11 jaar lank getroud. Ons sou gaan uiteet het, maar natuurlik soos
Murphy wou het ek siek geraak en voel ek eers vandag beter, so ons langverwagte date, nog nie een in 20 maande nie, het weer nie gerialiseer nie. Swak ne, maar nou ja, hopelik die dag wat dit kom is dit onvergeetlik. Ek kan natuurlik nie meer wag nie, ek wil baie graag vir Danie vir myself kry vir so rukkie.
More is Neo-Rie 14 maande oud, en dit is ook al amper Zane se aanneeming herdenking, die 10de Maart. Dit is ook MES se golfdag volgende week so ek werk hard om al die goed reg te kry en ook genoeg aandag aan die kinders en aan die skool te gee. By myself kom ek nie regtig uit nie, maar ek en Cathy gaan moreoggend begin stap (saam met die kinders natuurlik) so miskien begin ek so bietjie by myself uitkom. My internet is nou al 'n week af, en my rekenaar is nou al 3 keer reggemaak en skok my nog steeds.
Gerda hulle kom ook volgende naweek, dit voel soos eeue gelede wat ons hulle gesien het, maar hulle is eintlik oppad Durban toe vir 'n bootrit wat hulle gewen het na Bazaruto toe, cool ja. ek wens dit was ons.
Ek gaan nou eers bietjie koffie maak, so groete daar.