Amper Desember

Ag ja, ek het baie lanklaas geskryf, so lui en moeg, maar ek weet ek moet skryf, so nou het daar iets gebeur toe dog ek ek trek myself maar van die bank af op en skryf weer so ietsie. Ek is nou so amper 10 weke swanger, en kan nie wag vir die moegheid om my te verlaat nie. Christelle is so 11 weke swanger so ons is weer so saam saam in die familie swanger.

Nêo-Rie het nou-nou vir die eerste keer haar eie naam gesê. Dit was so oulik gewees. Ons moet eintlik nou Spar toe gaan maar ons is almal te lui.

Nou kom ons kyk wat het intussen gebeur, wel daar het 2 nuwe niggies bygekom. Lua en Isabel. Lua is Schalk en Milan se dogtertjie en Isabel is Lida en Johan se dogtertjie. Twee pragtige en klein kindertjies. Het vandag vir Lida gaan kuier en daai klein Isabel is nou net 2.1kg en is vrek klein, dit voel so snaaks om haar vas te hou, en sy skree en skop en gooi haar arms in die lug, totdat sy kry wat sy soek - melk.

Zane raak nou ook vinnig groot. Hy het op 'n stadium in regressie gegaan, maar dinge gaan nou beter. Sy tantrums kom en gaan. Ons het vir so maand kindermusiek gedoen en hulle het dit baie geniet, maar dit kos net te veel geld vir nou so ek sal maar volgende jaar in my program moet musiek inwerk vir hulle, en dit maar self probeer doen. Hy is ook nou mal oor Dora en Boots en Diego. "Dora the Explorar" en hy leer nogal baie spaanse woorde aan en kan al tot by 8 in spaans tel.

Nêo-Rie is nou baie besig, en praat al hoe meer, ek kan nie altyd verstaan wat sy probeer sê nie, maar sy is baie independant. Sy is mal oor sing en musiek en ook oor Itsy bitsy spider. Sy eet nou al baie mooi met 'n lepel (noem dit 'n mes), speel op haar eie, noem vir Zane "piepie" en sing Barney se liedjies. Sy is mal oor boek lees en haar skaap en 'n kombers en natuurlik haar dummy. Ek het nou ongelukkig haar een skaap misplaas by die MOPS, maar ek hoop en bid nog dat dit weer sal uitkom? want nou het ek net een skaap, hoe gaan ek hom nou was?

Volgende week is my laaste meeting by MES en dan ook my laaste eindjaarfunksie, dit is ook hier waar ek gaan moet kobaai sê vir Lizelle. Siphiwe is dood so paar weke gelede, en Lizelle en die kids gaan terug Kaapstad toe. Ek gaan haar mis. sy moet maar skype kry, of gou 'n emial adres. Ja dit was baie hartseer gewees, ek was oortuig daarvan dat God hom sou genees, maar God het ander planne gehad, weet nog steeds nie wat dit is nie, maar Hy weet gelukkig.

Danie snork nou hier op die bank, ons sukkel om ons eindom in Modimolle (Nylstroom) verkoop te kry en hy was nou vandag daar vir 'n veiling, en het al 3 weer terugekoop, nou in plaas van 1 het ons 3 eindeomme om te verkoop (joke) darem nie heeltamal nie, ons het nie ons prys gekry nie, so ons moet nou ander planne beraam anders gaan dit swaar gaan finansieel.

o maar ek is moeg, en ek moet nog fotos soek om hier in te sit. en daar is nog so baie dinge om te doen voor die jaar op sy einde is, soos geskenke soek? of dalk nie. Dit is nou baie stil, ek moet nou eers die kinders gaan soek.

Ek is terug en nou is dit al amper slapenstyd vir hulle en vir my, ek is doodmoeg, maar ek moet nou eers 'n klompie fotos laai.

Die eerste fotos is Japie en Vanessa se troue, Nêo-Rie en Steph. Dan is dit die vinnige kaal girl op die fiets. Die pasgebore baba is Isabel en heel onder het ons vir Zane toegedraai in sy kombers -ek kan nie onthou hoekom nie.

Wel dit was nou so vinnige update oor wat hier aan die gang is. Ek hoop dat ek ook nie te lank sal vat voordat ek weer skryf nie, want ek begin al hoe meer dinge vergeet. "poedingbrein" tree vroeg in.

Ouma en Oupa van Niekerk kom volgende week kuier en dan sal ek weer nuus hê om te skryf.

ek gaan nou slaap

Comments

Popular posts from this blog

Is Corono over yet?--------------------Nope!

Entering our third week in Ankara–in waiting…

Visiting the historical sites in Ankara.