Lesotho uitreik

Dit is nou al middel April en daar is alweer 'n hele maand verby waarin baie gebeur het. Willem en Stella se klein Alexia is gebore, tot almal se vreugde, maar toe die skok, sy mag dalk 'n ernstige virus opgedoen het. My hart breek, want ek weet hoe ek gevoel het, net toe ons reg was om huis toe te gaan, was daar vir ons vertel dat Neo-Rie geelsig het, en dalk sal moet bly, dit het my gebreek, en so ek kan net dink hoe Willem en Stella moet voel. Ons wag nou juis vir die resultate so ons bid hard. Verder was ons Lesotho toe vir 'n week. Dit was nogal lekker. Die kinders was heel rustig in die kar tot daar en ook weer terug. By die grenspos het hulle ekstra hard na ons gekyk en alles wat ons omtrent het, deursoek, die rede hiervoor was Zane, hulle meen hy lyk na 'n Sotho, maar hulle is nie ver verkeerd nie, aangesien hy 'n Tswana is. Dit was nogal 'n senutergende trip gewees met die Renault en die waantjie by sekere afdraandes en dan ook by dit Chief se plek in TY het ek maar naels gekou, en 'n helse hoofpyn gehad toe ons daar aankom. Die eerste aand was nag, letterlik, ek het nooit geslaap nie. Jong madam kon nie tot bedaring kom nie en skree toe die hele tyd. Ons kon dit toe nie aan die ander mense doen nie en gaan sit toe in die kombuis. Deon en Corne het ons tot 2 uur die oggend geselskap gehou. Dit was regtig amazing van hulle. Ons gaan hulle beslis mis as hulle die 5de Mei vertrek na Thailand. Wel ons probeer toe slaap, met min sukses, hy word toe 15min later wakker. Half 4 die oggend raak sy aan die slaap bo-op my terwyl ek in die stoel sit, en Danie was te bang die matras maak haar wakker toe slaap hy maar op die harde vloer. Wat ouers nie vir hul kinders sal doen nie. Ek en Danie was toe doodmoeg die volgende oggend, maar gelukkig slaap sy toe goed die res van die tyd. Wel wat het verder gebeur, die homeschooling gaan nou goed aan en ek is baie rustig daaroor, daar is nie elke keer formeel klas nie, maar ons leer elke dag iets nuuts, ek is baie dankbaar dat ek die geleentheid het om so by my kinders te kan wees, dit is amazing vir my. Hilke het verjaar en ons is die dag wat ons terugekom het 'n uur later by haar partyjie, sy het nou wragies nie agter in die ry gestaan toe talent vir onthaal uitgedeel is nie. Dit was regtig amazing gewees. Ek het ook die laaste maand gereel aan 'n Supportgroep vir Kruiskulturele aannmemings en die Saterdag kom ons vir die eerste keer bymekaar. Ek hoop dit werk okey uit, ek het nou nie veel gereel nie, ons sal maar sien hoe gaan dit. Zane en Noah het ook weer gespeel en hulle speel regtig lekker saam. Met Nêo-Rie gaan dit ook goed, sy begin al hoe meer tantrums gooi en slaap nou net een keer 'n dag. Soms as ek gelukkig is 2 keer. Sy raak ook baie oulik en sign melk en vliegtuig op haar eie manier, dit is baie snaaks dat sy nooit gesign het nie, ek probeer dit nou weer inskerp so miskien sal sy dit doen, sy verstaan as ek sign maar het geen begeerte om dit te doen nie. Sy praat nou al baie, nog net een woord op 'n slag maar babbel onophoudelik.

Paasfees het ek en Danie na Mosaik kerk se kruisiging stasies toe gegaan en dit was nogal amazing gewees, daarna het ons by Leona en Francois gaan kuier. Ons kuier altyd lekker daar.


Ons was ook by Stefan se eerste verjaarsdagpartytjie en die kinders het dit baie geniet.
Melinda
het regtig uitgehang, die nicete goed op die tafels gehad.




Die 1ste April was dit ook die kinders se eerste herdenking van hulle doop, (Doopverjaarsdag). Ons het vir oupa en ouma genooi en hulle doopkerse aangesteek, Zane wou net weet of hy nou al 5 jaar oud is.

Gerda en Hannes is so skaars soos hoendertande, en kan jy dit glo ek mis haar nogal. Dalk moet ek bietjie bel ...... Ons het nou lekker gesels, en kan nie wag vir ons vakansie by die Breakers nie. Dan is al die fam weer bymekaar.

Wel dit is dit vir nou, miskien sal ons hulle met die Wildsfees sien, dis nou al volgende naweek, moet nog met Danie chat.

Gaan kyk vir nog fotos op facebook en picasso

Popular posts from this blog

Is Corono over yet?--------------------Nope!

Entering our third week in Ankara–in waiting…

Visiting the historical sites in Ankara.