'n Tribute vir Moses
Hierdie is vir my liefling hond Moses, hy is vanoggend raakgery en die persoon het hom veearts toe geneem, die het ekstrale geneem en gese dat hy dit nie gaan maak nie. Dit was my eerste eie hond en my hart is baie seer. Orals waar ek kyk by die huis sien ek sy kombers, en sy balle en sy kussing en sommer net alles van hom, waar hy vanoggend in die son gele het en waar hy altyd teen die venster kom staan het, en ja waar hy altyd teen die bank gepee het. En ek dink hoe hy altyd die bubbels gehap het as ons dit blaas, en hoe hy niks van bad gehou nie. My spesiaale hond, my hond wat vir groot dinge bestem was, en wat ons al baie geld uit die sak gejaag het
Die trane rol oor my wange en ek mis hom.
Zane kan nie heeltemal verstaan nie, maar ons het altyd vir hom gese hy moet nie oor die straat hardloop nie, want die karre gaan hom raakry dan gaan hy so plat soos 'n pannekoek wees, toe ons later uitry in die straat toe se hy dat hy nie vir Moses kan sien nie, toe moes ek verduidelik dat hy nie daar is nie, hy is dood, toe vra hy maar waar is die plat bruin kol?, ek moes maar smile wat anders kan ek doen.
Comments