Eerste week in PE vervolg
Op die oomblik is nog steeds koud hier, ons het so een bar heatertjie by Blick geleen so stokou ding om net ons huis bietjie warmer te maak, maar blykbaar mag jy nie dit hier gebruik nie want dit trip die krag, maar ons sit om aan en hoop vir die beste.
Soos julle gelees het, het ons vir Zane ‘n skaatsplank gekry en vir Nêo-Rie ‘n rooi fietsie, sy kan hom nou al vinnig ry, een van die dae gaan sy begin tricks uithaal met hom.
Hier op Maranatha is daar baie varke vir wie ons elke dag gaan kos gee, al die oorskietkos wat oorbly want ons kry regtib baie kos hier. Hier is bokke en die een is dragtig, gaan dalk hierdie week nuwe bokkies kom, hier is ook honde waarvan die een ook dalk die week gaan kleintjies kry endan kalkoene en ganse en eende en voëltjies. Die kinders kan regtig lekker speel hier, net die elektriese heining wat hier reg by ons is, so ek kan hulle nie sommer alleen los nie. Hier is ook swaaie en glyplanke en lekker plek om met die fietsies te ry. Ek weet nog nie hoe gaan ons dit weer daar bo kry nie ons kar was reeds vol toe ons hierheen vertrek het, nie ‘n plek vir ‘n muis gewees nie. – Letterlik nie.
Zane speel baie lekker met die maatjies hier, hulle almal praat Afrikaans en dit is vir hom heerlik. Hy het sy maatjie gekry, en hulle twee speel lekker saam, my hart breek vir die kinders en ek wil hulle baie graag help, hier is regtig baie hulp hier nodig, veral rondom die kinders hulle “ma en pa” hier is elke keer skelms en nou sit hulle met niemand nie, die vrou wat nog tot gisteraand uitgehelp het, is ook nou hier weg so ek weet nie wat hulle vanaand gaan doen nie? Dalk nou-nou soontoe stap en gaan hoor, Zane is ook weg soontoe om bietjie te speel en probeer weereens vir madam kry om te slaap, dit sukkel maar hierso, of dis die feit dat sy al bietjie ouer is, en ons nou begin toets. Sy gesels weer kliphart daar in haar kot en moet eintlik slaap.
Danie vlieg more Kaapstad toe en kom dan eers weer Vrydag aand terug, so ek is nou hier alleen vir ‘n paar aande, bietjie scary maar sal seker oorleef.
Ons was by Christine-hulle op die plaas in Patensie en daar het die kinders in die Lemoene ingevaar, dit was nie so goeie idée nie want die doeke het dit gewys, ons het so baie terug gebring ons gaan dit nooit opgeeet kry nie. Ons het heerlik gekuier en Oupa Hendrik en Ouma Esther was ook daar. Sondag was ons Baviaanskloof toe vir ‘n braai piekniek, gaan loer op facebook vir die fotos van daai braai. Dit is iets om te sien aangesien ons nie ‘n rooster of hout gehad het nie.
Nou wat is ons planne vir die res van die week, wel dit hang van die weer af, wil nog bietjie see toe gaan, na die hawe gaan en nog gaan dolfyne kyk en dan moet ek nog werk ook tussen-in. Ek het al ‘n paar stories opgelyn vir die web nog net begin skryf aan hulle.
Okey dit het nie gewerk nie, so terug op die ou manier- Ha -ha
Comments