Eerste week in PE
Weer 'n ysige dag in Port Elizabeth, ek kan nie glo ons is al 'n bietjie langer as 'n week hier nie, ons was die naweek bietjie Patensie toe, en toe ons gisteraand hier instap toe voel dit al soos huis, toe wonder ek hoe dit weer dit gaan voel as ek regtig by die huis kom, soos huis-huis!.
Ek kan nie glo dit is so koud nie, maar kom ons begin by die begin. Ons het die 26ste gery en die aand in Colesberg geslaap en dit was baie koud,
daar is nie verwarmers nie want hulle sê dat dit die krag gaan trip, so Danie het die tweeplaatstofie wat daar gestaan het die hele aand
vir ons aangelos en dit het 'n groot verskil gemaak. Die oggend vroeg het ons ontbyt geëet en toe het Danie die ys van die kar gaan afwas sodat ons kan ry. Ons is toe verder en die twee dae het die kinders baie goed gery, ons het nooit geskukkel nie.
Hier in PE aangekom is ons baie vriendelik ontvang en was ons baie verbaas oor die woonstel waarheen ons geneem is, ek het dit baie kleiner verwag. Ek het dit net kindervriendelik gemaak en al die doilies en pottery ornamente verwyder en so hier en daar die meubels geskuif. Danie moes al daai dag gaan werk het, so hy is toe weer weg en ek het begin uitpak en die plek "homely" gekry.

Die eerste aand het rustig verloop met geen probleme nie, behalwe dat hulle die waterpype gesteel het en ons toe sonder water was 'n ruk en toe ook 'n paar dae later toe hulle dit moes regmaak was ons lank sonder water.
Danie het die eerste aand die Bless the Nations Missions Konferensie gaan bywoon en gesê dit is baie klein en lyk amper soos ons sendingnaweek uitstallings. Toe volgende oggend het ons die kinders by Merriam, Pieter en Cha se huishulp en haar dogter gelos, hulle het heerlik gekuier daar, ons het so half 4 gaan oplaai en is terug huis toe. Die kos wat hulle vir ons hier maak is baie lekker en ongelooflik baie, ons kry nie alles op nie, gelukkig is hier varke wat alles eet. Ons is toe nie terug na die res van die konferensie toe nie, maar ons het die MP3 bestel wat alles op het. Ons het wel 'n ou ontmoet die middag die Sondag hy en sy gesin, vrou en 4 kinders is Februarie oppad China toe. Ons het baie lekker met hom gesels en gaan hulle besoek in Witrivier sodra ons weer by die huis is.
Ons het ook gesels met Jean Greyling wat die konferensie gereël het en was toe vir 'n radio onderhoud op Kingfisher FM en dit word nou volgende naweek uitgesaai. Verder
dink ons baie, en dink en gesels en beplan ons ons lewe voorentoe. Sal later meer daaroor vertel.
Wel ja dit is nou al die einde van die dag en ek het nog nie my storie klaar gemaak nie- lees maar later die res van die verhaal- slapenstyd vir my.
Hier is so paar fotos van Maranatha, ons huisie en die varke en so paar van die kinders.

Comments