Nog 'n jaar ouer
Gister was my verjaarsdag gewees, ek kom nou op daai statuim waar ek nie meer my ouderdom wil gee nie, ek kan nie glo ek is al 35 jaar oud nie. Shocking!.
Ek wil my blog skryf maar ook nie regtig nie, te lui. - Ons wag nog vir tande Nêo-Rie se tand nommer 4 het die 3de Mei sy verskyning gemaak, daar sit nog 3 tande reg om uit te kom, almal bo. Sy was nie 'n plesier gewees die afgelope paar weke nie, wou ook nie eet nie, maar nou eet sy tenminste 'n paar goed, net nie altyd die kos wat ek wil gee nie. Ek is moeg, nie net slaapmoeg nie, maar moeg, voel ek het 'n vakansie nodig, die ma-wees ding gee nie eintlik vir jou verlof nie.
Gister is Deon en Corne ook weg Thailand, en dit was nogal 'n hartseer episode daar op die lughawe, hulle kom eers oor 4 jaar terug, maar ons probleem is, ons weet nie of ons dan nog hier gaan wees nie, maar ja net God weet op die oomblik.
Ons was ook vir 'n naweek in Thabazimbi gewees, en die kinders het dit baie geniet. Zane wou nie huis toe kom nie. Dit was vir my ook 'n lekker breuk van die normale dinge.
Dis al vir nou- ek moet nou my brein rus