Einde van Oktober

Dit is nou al die einde van Oktober, en daar het soveel goed al gebeur dat ek nie altyd tyd kry om te skryf nie, dan wonder ek ook of ek nie eerder die kinders se plakboeke moet opdateer nie, en dan dink ek weer maar ek sal dit nie kan saamneem die dag as ons gaan nie, so dis dalk beter om alles op die internet te sit, maar dan vra ek weet waar is die persoonlike touch wat elkeen van hulle moet kry. Ek oorweeg 'n spesiale storie vir elkeen wat hulle dan later sal kan lees. Ek moet dalk alles op die web sit. (dit voel net veiliger).

Ek is bietjie agter met hulle plakboeke en en ook die scrabbooking, maar ek sal vinnig moet opvang want daar is nog 'n baba oppad, ja eers oor 9 maande maar ek sal moet opskud anders is ek te ver agter daarna.

Ek moet biejtjie fotos ook laai, lanklaas geneem, of het geneem maar dit is RAW en ek sukkel om dit gelaai te kry, elke keer as ek my blog doen is Danie nie hier om te help nie. soos vanaand nou weer, maar die keer sal ek moet fotos laai.

Ons was gister by Japie en Vanessa se troue en dit was regtig stunning, 'n heel anderste troue, baie nice venue gewees, net soos wat ek my troue wou gehad het, so op die bale sit. Die kinders was ook saam en Nêo-Rie was nie goeie geselskap hier teen 12 uur nie, te vroeg wakker geword, en daar was nie regtig 'n plek waar ek haar kon laat slaap het nie.

Die maand was ook Milan se ooievaars vir Lua gewees en dit was ook baie pret. Ek was ook op my laaste bosberaad vir MES gewees, en my eerste aand van die kinders af weg in 21 maande. Dit was heerlik, maar tog het ek hulle gemis. Hulle raak nou albei vinnig groot.

Danie het ook die einde van Augustus verjaar, maar ons het nie veel gedoen nie, ons was by MES vir 'n kerk uitreik, (net ons twee) die ander was seker te bang vir AIDS. Dit herrinner my, ons moet 'n ete book vir ons, een van Danie se persente.

Ons planne vorder vir die sendingveld, of meer ons gedagtes en alles daar rondom nog geen konkrete planne nie behalwe dat ons in 2010 wil Witrivier toe gaan vir opleiding.

Verder is daar nie veel wat ek wil skryf nie, ek dink ek moet bietjie die kinders se goed update, maar ek sal nog fotos hier laai

Comments

Miyoba Scholtz said…
Valse beskuldigings om te reken dat Nêo-Rie teen 12 uur nie goeie geselskap was nie - uit ervaring reken ek dat een van julle seker weer die opblaas matras raakgetrap het terwyl sy wou slaap.

Moet darem net bietjie opkom vir my dogtertjie...
onslewe said…
Nee, toe nou glad nie, sy was moeilik omdat sy 4uur al wakker geword het, in haar kamer, ons was op ons eie bed nie op die opblaas matras nie. Maar kom maar op vir jou dogterjie, dis reg so.

Popular posts from this blog

Is Corono over yet?--------------------Nope!

Entering our third week in Ankara–in waiting…

Visiting the historical sites in Ankara.