Lentedag
Ja trust lentedag om met 4 grade Celsius te begin. Ek het nie veel nuus nie, net dat Danie gister verjaar het, en my ma die dag voor hom. o ja en dat Karla, Gerda se dogterjie ook op daai dag, dis nou Saterdag van ons klimraam afgeval en albei haar pype(bene) in haar linkerhard arm gebreek het. Was dit nou 'n katestrofe gewees. 'n geskree en rondhardlopery om haar by die hospitaal te kry. Gelukkig kon sommige mense kalm bly-Schalk en my pa!
Verder het die naweek rustig verloop, ons het gebraai en vir Hannes braaivleis hospitaal toe geneem. Gister was ons kerk se uitreik na die gemeenskap, en MES was ook op die lys, ons het gereel om na Zaziwe ons HIV Hospice te gaan, maar niemand het opgedaag vir ons trippie nie, seker bang vir AIDS. Ek en Danie het toe maar alleen gegaan, ons kon nie die mense drop nie. Die matrone - Francine- sê toe dat dit nie AIDS is wat mense dood maak nie, maar die stigma daaraan, want dan is niemand bereid om uit te reik nie.
Verder sukkel Nêo-Rie nog met 6 tande wat sy bykry en haar ma se geduld raak ook minder en haar tantrums meer. Ons het ook begin met Kindemusik met die twee kinders en (nog net een les gehad) dit lyk of hulle dit sal geniet. Ons gaan ook die gimnastiek vir so rukkie los en oorgaan na swemlesse vir Zane, want om alles te doen kos te veel geld en hy moet nou leer swem.
Ek voel ek het 'n breuk nodig, net so dag van totale rus en geen kinders nie, ek het begin by Kerk Sonder Mure se MOPS, dit is elke tweede week so halwe dag wat hulle na die kinders kyk en dan is daar 'n intersante praatjie en iets kreatiefs wat mens doen en dit is nou regtig vir my lekker, daar is egter nog 'n klomp kinders by hulle ma's wat soms baie skree, so dit is nou nie heeltemal kindervry nie.
Die kinders geniet hulle trampoline baie wat ons gekoop het met Zane se verjaarsdaggeld. Dit is tog so oulik om te sien hoe hulle spring, net soms maak Zane bietjie waaghalsige toertjies wat my nekhare laat rys, sy nek is altyd in die pad as hy 'n bollemakisie wil maak!
En dan is daar verwikkelinge op ons lewenspad maar ek sal later daaroor skryf, as ek mooi weet hoe om dit op papier te sit, ek kan wel sê dat ons die naweek na 'n sendingskool gaan kyk in Witrivier.
Sal later fotos plaas, gaan nou slaap

Comments