Zane word 4 jaar oud

My seuntjie is nou al 4 jaar oud, en sommer so met die verjaarsdag word hy wyser en word sommer groot. Ek en Danie en Nêo-Rie wou hom wakker gesing het, maar hy het nie wakker geword nie, toe maak ons maar eers die gordyne oop en sing toe weer, toe word hy ietwat wakker. Daarna het hy sy eerste geskenk oopgemaak - Quincy van die Little Einsteins. (Van Oom Hannes en tannie Gerde en Dané en Carla)

Ons is daarna na ouma en oupa toe, wat weer vir gesing het, daar het hy geskenk nommer 3 gekry, Leo se Baton. (kondukteer stokkie) Hy was baie opgewonde. Toe ons teruggaan huis toe sien hy nog 'n geskenk raak en wil dit toe dadelik oopmaak. Ek sê toe ons moet eers eet, na ete hardloop hy soontoe, maar toe moes ons eers aantrek, hy het skaars aangetrek toe is hy weer daar, toe moes hy eers wag dat ek vir Nêo-Rie klaar aantrek, en toe kon hy dit oopmaak. Dit was June (ook van die Little Einsteins) van Oom Willem, tannie Christelle en Alexia af. Toe is hy sommer uit sy vel uit en wou weet waar is die Rocket, ek moes toe verduidelik dat ek nie 'n
Rocket hier kan koop nie, maar nog sal soek vir een.

Ons is toe saam met oupa en ouma Wimpy toe vir ontbyt, hy het sy regular bestel, roereiers en spek. Hy het eers gesê hy sal iets anders bestel as jy 5 is, en toe dink hy, hy moet nou ook toe vra hy vir visvingers, toe ek hom vra is hy seker wil hy nie die eiers en spek kry nie, toe helder sy gesig op en hy skud sy kop ja.

Danie het ook bietjie vroëer huis toe gekom en Zane het dit baie geniet. Nêo-Rie het bietjie geskree vir aandag, het ons gedink, maar toe sien ons dat tand nommer 7 daar is, en ek het nou-nou gevoel tand nommer 8 is ook besig om uit te kom. Sy skree bietjie meer as gewoonlik en is bietjie koorserig en issegrimmig. Ek voel ook nie te wel vandag nie, keelseer en bietjie verkoue, maar hoop dit ontaard nie in iets nie.

Dit het nogal verduideliking gekos om vir Zane te verduidelik dat sy partytjie eers Saterdag gaan wees, 'n hele paar dae nadat hy verjaar het, maar hy was baie opgewonde oor sy Little Einstein partytjie.

Vrydag het ek en Ma koek gebak en die aand het ek en Danie dit versier - hy het dit so mooi plat gemaak en gehelp om die enjins te bou uit Roomyshoringkies. Ons is baie trots op ons koek en dink dit is 'n masterpiece. My tweede en sy eerste koek! Ons het vanaf 8 uur tot 12 uur versier aan die koek!

Saterdag het ek gou nog 'n hele paar cupcakes ook gebak, nie versier nie, elkeen kon hulle eie een versier. Ons het die tafels gaan haal en die braaier en begin uitpak en regmaak, as ek nie hulp gehad het nie sou ons nooit klaargekry het nie, die balonne opblaas en die rockets vasmaak en die klimraam veilig maak en al die versierwerk van rockets en balonne en die goed wat ek geverf het, het nogal baie tyd geneem.

Daar was 'n paar aktiwiteite wat die kinders kon doen:

  • Klei speel
  • Plak van verskillende goed op papier
  • Gesigverf by Lida
  • Cupcakes versier
  • Vingerverf
  • Ons het musiek gemaak en met die dirigentstokkies gespeel en Adagio en Allegro (musiekterme van die wat nie weet nie) een beteken vinnig en een stadig (ek dink)
En toe het die koek gekom! Zane het 'n verskriklike groot smile op sy gesig gehad, hy kon sy oë nie glo nie. Hy en Jana(albei Little Einstein fans) het net na die koek geloer. Daarna was dit persente tyd en toe kom die regte Rocket te voorskyn. Dit was 'n baie bly seuntjie gewees, en van daar af is hy en die rocket onafskeidbaar, hulle slaap ook saam in die aande en in die middag as hy sy middagslapie neem.

Ons het ook wors gebraai vir die ouers en daar was ook worsbroodjies vir die kinders. Ek dink dit was 'n heerlike partytjie. Christine het ook spesiaal bietjie langer gebly hier in Gauteng om dit by te woon en dit was vir my great om haar hier te kon hê, al was dit so kort tydjie.

Ons was Sondag doodmoeg, en is baie bly vir al die hulp wat ons Saterdag gehad het toe ons opgeruim het, ek dink nie ek sou dit Sondag nog gemaak het nie, Danie het Sondag alles mooi skoon gekry toe ek kerk toe is met die twee kinders, moes die bababediening weer aan die gang kry. Hy is toe ook Sondagmiddag weg Durban toe na Tech Ed toe en kom eers Woensdag aand terug - nie lekker sonder hom nie.

Wel ja ek dink ons lewe kan seker nou maar weer terugkeer na normaal nie, sodra ek beter voel, en weer volstoom aan die werk spring en ook met die tuisskooling.

Wel ek dink dit is nou genoeg nuus vir eers. Sal later weer skryf.
Gaan loer vir nog fotos op facebook

Comments

Popular posts from this blog

Is Corono over yet?--------------------Nope!

Entering our third week in Ankara–in waiting…

Visiting the historical sites in Ankara.