Ons seevakansie
Nou is ons vakansie op 'n einde en Danie moet weer gaan werk, nie dat ek nie werk nie, mind jou, ek werk baie hard, net by die huis. Ons vakansie by Umhlanga was baie lekker gewees. Ons hele familie was daar, nou aan die van der Merwe kant. Al 6 en amper 'n halwe kleinkinders. Oudste Dané, dan Karla, wat 5 jaar oud geword het terwyl ons by die see was, dan Zane en dan Nêo-Rie, Steph en dan die jongste is Alexia. Oupa en Ouma was baie gelukkig met al hulle kinders en kleinkinders bymekaar.
Ons gesin het so twee dae vroëer gery en in 'n Gastehuis in Pinetown gebly terwyl Danie twee dae vir Blick gewerk het. Dit was ook lekker rustig, behalwe die eerste aand was Nêo-Rie maar moeilik. Toe ry ons
Zane en Nêo-Rie is mal oor die see, hulle kon nie genoeg kry nie, ek natuurlik is nie so mal oor die sand nie, maar kan seker oor dit kom. Dit was heerlik om weer vir Willem en Stella te kon sien en natuurlik ook nie nuuste byvoegsel, Alexia, pratige kind.
Dan was daar natuurlik Ushaka ook, ek het besluit om nie te gaan nie, net omdat dit te veel moeite is, te veel goed om in te pak en saam te neem en dan nog die feit dan sy gaan moeg raak en wil slaap en dan skree, ek het net nie kans gesien nie, so ons t
Ek sien nogal baie uit na PE. Ons gaan die 26ste ry en dan kom ons weer die 19de Julie terug. Ek sal die blog update.
Daar is nog baie fotos op facebook
Comments