Posts

Showing posts from 2009

Oujaar 2009 en 'n nuwe begin

Vandag is die laaste dag van 2009. 'n wonderlike jaar op sy einde. Zane is baie opgewonde oor alles hier, net die sweet wat hom aftap. Nêo-Rie is maar nog emotioneel en huil vinnig, maar dinge begin nou beter raak. Jac het begin sit- whoopee!!!. Die dag voor kersfees het hy vir die eerste keer gesit, en die dag na Kersfees omgerol. Nou kan ek hom nie meer alleen op 'n bed los nie. Die afgelope twee dae was Jac se koors nie baie lekker nie, so tussen 38 en 40 grade. Het hom gister by die dokter gehad, volgens hom net 'n bietjie rooi keel en loopneus. Hy slaap op die oomblik so ek hoop hy sal okey wees. Ons het 'n heerlike Kersfees op Ohrigstad gehad, die kinders het die week by ouma en oupa baie geniet. Ons het nie veel gedoen nie, net gerus van na die trek af. Die trek self was aan die begin heel okey gewees vir my, maar toe raak dit op 'n stadium te veel, want die plek se pakplek is so klein ek kan ons goed inkry nie. So ons het alweer 4 bokse geoogmerk om weg te g...
Wel ja dit is al weer sulke tyd, ek moet bietjie meer skryf, maar dit gaan regtig dol hier. Ons het vandag gaan fotos neem, soos nogal 'n tydjie geneem om te kyk of ons almal gelyk kan laat lag. gelyk hier is die kernwoord. Zane het gister sy eerste tand gewissel en was baie in sy noppies gewees. Die muis het selfs vir hom 3 geldstukke gegee! - Wow!!!. Hier gaan dit regtig dol, ons probeer ons vennote bymekaar kry, en so hier en daar pak en nog na die kinders ook kyk. Het gelukkig so hier en daar hulp en nog hulp wat oppad is, so is dankbaar daaroor. Ek gaan nog fotos laai, net so bietjie geduld dan gaan daar een hele blad met net fotos wees. Nou moet ek eers die kinders in die bed gaan sit.

Kuier op die plaas

Kan nie glo dit is al die 5de Oktober vandag nie. Ons het gister teruggekom van 'n heerlike kuier op die plaas, so lekker ek kon 2 boeke klaar lees!. Die kinders het dit regtig baie geniet, ons het hulle omtrent nooit gesien nie. Zane is net skrikkerig vir elke liewe dier, maar begin dan later bietjie meer gewoond raak. Nêo-Rie het nie 'n banghaar op haar kop nie, ons moet haar skoene uittrek anders sal sy nooit terugkom nie. Dit was vir so paar dae ysig koud gewees, en ek moes vir Jac gaan ekstra klere by PEP kry want ek het nie genoeg saam geneem nie. Die ander twee het maar vuil rondgeloop. Daar is wasmasjiene maar dit was nat en koud. Ons het so paar aande en soms in die dag lekker voor die kaggel gesit. Nou ja met ons gaan dit nog voor die wind. Hierdie is Danie se laaste maand by die werk en dan is hy ook 'n huisman vir so 2 maande. Ons hoop om middel Desember te trek na Witrivier, sy klasse begin 18 Januarie en ons wil graag ingeburger wees voor dan. Die volgende paa...

so paar fotos

Image
Ons kinders Mia se verjaarsdag Mia se partytjie Hy blaas sy kersies Ons gesin Die cupcakes Zane se koek, weer tot laat gesit en versier! Brandweervrou Zane kan nie wag nie Kersies word aangesteek Zane se partytjie by Ouma en Oupa op Ohrigstad Mamma en Jac Jac net so groot soos sy teddy Jac en sy teddie

Nou waar was ek laas

Sjoe maar ek het lanklaas geskryf. Nou hier volg die update van die laaste skrywe af. Danie verjaar vandag, toe besef ek dis al einde Augustus! Die kinders speel heel lekker buite op die oomblik. Zane het verlede week toe ons in Ohrigstad was op sy kop geval. Redelik hard, ons moes Lydenburg toe ry vir xtrale ens. Hy het nogal 'n redelike harsaanskudding opgedoen en kon vir 'n minuut lank nie sien nie. Dit was nogal bietjie erg op die ouers en ouma en oupa gewees. Nou moet ons hom weer vir 'n week rustig hou, ook glad nie 'n maklike taak nie. Jac is ook vandag 12 weke oud. Ek moes nou eers teruggaan in my kalender in om te tel. Hy raak al hoe vriendeliker en gesels sommer al baie, skop en lag tog te oulik. Hy het ook al sy eerste inspuiting gehad en moet volgende week gaan vir sy volgende een. Dit is nou al 6 weke na my vorige skrywe. Zane het verjaar op die 31ste Julie, en die 1ste Aug op Oupa Hendrik se verjaarsdag hou ons toe partytjie. My idee was 'n heerlike wi...

5 Jaar oud

Nou wie sou kon dink dat die 1st Aug so 'n koue en nat Saterdag sou wees. Zane het gister 5 jaar oud geword. Nou is dit al amper 8 uur, en ek is doodmoeg. Dit was regtig 'n ysige dag vandag en Jac het dit gevier deur meer te drink as gewoonlik, ek hoop nie sy streke hou deur die nag aan nie, want ek wil regtig graag slaap. Ons was toe nou vanoggend vroeg na Swartkops Lugmagbasis toe, maar die weer het glad nie saam gespeel nie en ons het vinnig die partytjie geskuif na ons huis toe. Die fotos is nou glad nie wat ek gedroom het dit gaan wees nie, ek het 'n gelukkige gesin met 'n vliegtuig in die agtergrond gesien en nie 'n skreeuende kind met geen vliegtuig in die agtergrond nie. Ek het ook vir al die kinder tipe Camo klere gekry, maar Zane se klere was hoogsomer, en Jac het versuip in sy pakkie. Wel die reenjas het ook vir Nêo-Rie na 'n baie beter opsie gelyk, dus die bond foto en geen camodrag nie. O ja Danie wou ook nie sy camo kortbroek aantrek nie en die ban...

Ons het die eerste 6 weke oorleef

Image
Ek kan nie glo Jac is al 6 weke oud nie. Ek het hom gister gebad en hy het vir die eerste keer nie geskree nie. Hy pas ook nie meer in sy Newborn klere nie en dra nou al 0-3 maande klere. Nogal harsteer as ek dink ek gaan die klere nie kan hou vir 'n volgende kleintjie nie, maar klaar is ek nou klaar. Ek gaan nie nog kinders maak nie, as daar nog 'n kind oor ons pad kom, sal ons hom of haar aanneem, maar gemaak is ek nou klaar. 3 kinders is in elke geval nie 'n grap nie, ek is seker ek stress soms meer nou as toe ek in Hillbrow gewerk het en elke dag in die verkeer moes Johannesburg toe ry. Ons is baie bevoorreg om 3 volmaakte kinders te kan he, en ek dink gereeld aan vriende en ander mense wat deur baie moeilie tye moet gaan en wonder hoekom dinge soms so moet uitdraai. Jac moan nou hier agter my, nou net gedrink en sal seker eers weer 12 uur vanaand drink, (ja ek moet gaan slaap, maar ek moet ook my blog opdateer as ek nie 3 kinders op my skoot het wat ook op die rekenaa...

Amper 3 weke na Jac se geboorte

Image
Wel ja, ek kan nie glo ek het uiteindelik tyd, en krag, want die twee kom nie altyd saam nie om bietjie die blog te update. Dit is vandag Sondag, amper 3 weke na Jac se geboorte. Ek is nou semi-alleen, Danie en die twee kinders het gou vir ouma Esther by die lughawe gaan aflaai, na 'n heerlike tyd wat ons hier spandeer het, en waar sy wonderlik gehelp het met die kinders en ook met kos, daar is baie gekook en gevries dat ek vir die volgende paar weke heel okey gaan wees. Ek luister nou na die CD van die Ester konferensie wat gister hier aangekom het, en dit is baie nice. Gerda, Hannes en die kinders het gister hier aangekom, en Ouma Ettie en Oupa Jacob kom weer more, so die huis is nog vol mense. Gerda hulle gaan nou ry, so dit gaan lekker wees om bietjie alleen te wees, ek het dit ook soms nodig. Jac slaap nou so ek het nou net mytyd, wat ek spandeer om hier te tik!. Gister was 'n dol dag, Nêo-Rie se elboog het gister weer uitgeslip uit haar potjie uit toe Danie haar in die r...

Koud en Nat

Ek kan nie glo die winter hier is so koud en nat nie, nie gewoond hier aan nie. My ma-hulle is hier en nou kan ek begin rustig slaap in die nag. Ek dink in elke geval Jac gaan binne bly tot hy uitgehaal word op Maandag. Die kinders was weer uit hulle velle uit gewees toe hulle Ouma en Oupa sien en het so ietwat gesukkel om tot bedaring te kom, die heeldag in die huis wees het natuurlik ook nie gehelp met die bolle energie nie. Ek sukkel regtig om te slaap nou in die aande, die pyn in my skouers, en bene en rug en als is nogal erg, dalk moet ek weer daai pynpille probeer, en dadelik gaan slaap voor die newe efekte begin van jeuk en nie slaap nie! Hoop dit werk anders gaan ek nie geslaap kry vanaand nie. Zane kan nie wag vir sy boetie om te kom nie, en eerlik waar ek ook nie, ek sien ook baie uit na die "rus" in die hospitaal, julle mag dalk nie dink ek gaan rus nie, maar met 2 besige peuters/kleuters by die huis gaan een baba rus wees! Daar sal seker nie nog nuus wees voordat ...

Mei mannewales

Image
Die 5 de Mei was my verjaarsdag, maar aangesien Nêo-Rie nooit 'n partytjie gehad het, en sy nou so in 'n "Verjaarsdag" fase is, het ek besluit om vir haar 'n partytjie op my verjaarsdag te hou. Ons het ook gemeenskaplike vriende, so of ek haar vriende nooi of myne dit sou in elk geval dieselfde mense gewees het. So hier bo is Mickey Mouse vir die wat gewonder het. Dit is my en Danie se tweede poging aan 'n koek. Ek dink ons eerste poging was beter, maar die een lyk darem nie te sleg nie? Daar was ongelooflik baie deeg oor gewees so daar was cupcakes by die dosyne. Ouma Ettie en Oupa Jacob het ook kom kuier uit Orighstad uit waar hulle op die oomblik by die gemeente daar uithelp en dit was heerlik gewees. Ek weet nie wie was die opgewondste nie, die kinders of die ouma en oupa nie. Ons mis hulle hier, maar gelukkig word Jac amper gebore dan gaan ouma darem vir 'n hele rukkie weer hier in haar eie huis kom kuier. Nêo-Rie beloer hier die tamaties en cupcakes ...

'n nuwe blaadjie vir my en die kinders

Image
Nêo-Rie Die hele van Niekerk familie Zane en Engela Ouma Esther, Oupa Hendrik en al die kleinkinders Stunning son is dit nie? Sal 'n nice skildery maak Ouma Issie, Elida en klein Isabel Sjoe wat 'n dag, en ja dit is nou al middel April. Ek het so rukkie terug die Monsters to Munchkins kursus van Andalene Salvasen gedoen. Deel van die opleiding, en dankie tog dit is, is om na my huis te kom en ons probleme, wat ek nie gedink het major is nie, uit te sorteer. Dit is amper soos Supernanny, vat net baie minder tyd in beslag met dieselfde en ek dink soms beter resultate. Dit het 4 ure geneem voordat Nêo-Rie geluister het, en dit gaan nog 'n week se harde werk kos met albei van hulle. Maar ek gaan deurdruk, want die eindresultaat van onmiddelike gehoorsaamheid is wat ek verwag. Ek is ook baie moeg vanaand, dit was m aar op my ook stresvol as sy die hele tyd so gehuil het as ek haar moes terugneem na haar 2min "timeout" en ek het gewonder of dit ooit gaan gebeur. Ek het...