Ons het die eerste 6 weke oorleef

Ek kan nie glo Jac is al 6 weke oud nie. Ek het hom gister gebad en hy het vir die eerste keer nie geskree nie. Hy pas ook nie meer in sy Newborn klere nie en dra nou al 0-3 maande klere. Nogal harsteer as ek dink ek gaan die klere nie kan hou vir 'n volgende kleintjie nie, maar klaar is ek nou klaar. Ek gaan nie nog kinders maak nie, as daar nog 'n kind oor ons pad kom, sal ons hom of haar aanneem, maar gemaak is ek nou klaar. 3 kinders is in elke geval nie 'n grap nie, ek is seker ek stress soms meer nou as toe ek in Hillbrow gewerk het en elke dag in die verkeer moes Johannesburg toe ry.
Ons is baie bevoorreg om 3 volmaakte kinders te kan he, en ek dink gereeld aan vriende en ander mense wat deur baie moeilie tye moet gaan en wonder hoekom dinge soms so moet uitdraai. Jac moan nou hier agter my, nou net gedrink en sal seker eers weer 12 uur vanaand drink, (ja ek moet gaan slaap, maar ek moet ook my blog opdateer as ek nie 3 kinders op my skoot het wat ook op die rekenaar wil werk nie.
My enkels kry nou koud hier waar ek sit, dalk moet ek vir Danie vra vir 'n lekker koppie koffie.

Okey dis nou beter, kombers om die lyf, warm sokkies en die ketel kook. Ek probeer 'n klompie fotos op facebook laai, van geboorte tot 6 weke oud. so gaan loer maar daar, maar hier is darem 'n paar.
Intussen het ons nou al gewoond geraak om alleen te lewe hier. Mis nog steeds my ma-hulle, maar het darem die vooruitsig dat ons hulle amper gaan sien en dan vir so 2 jaar naby aan mekaar gaan bly.
Hier is ook so paar fotos van hulle trek hier op, ek weet nie hoe baie goed ons gaan he as ons trek nie, sal moet begin minder maak!Dit is 'n koue winter die en die opstaan in die nag is nie dieselfde as in die somer nie, soms kan ek nie glo hy moet al weet drink nie, dan voel dit of ek nou net aan die slaap geraak het. Bly maar moeg die hele tyd.
Ek is ook nou besig om vir Zane se verjaarsdagpartyjie dinge te reel. Ons gaan na die lugmag toe. Daar moet nog 'n koek prakseer word, maar sal die fotos hier laai.
Ek moet nou gaan slaap.
Comments