Amper 3 weke na Jac se geboorte

Wel ja, ek kan nie glo ek het uiteindelik tyd, en krag, want die twee kom nie altyd saam nie om bietjie die blog te update. Dit is vandag Sondag, amper 3 weke na Jac se geboorte. Ek is nou semi-alleen, Danie en die twee kinders het gou vir ouma Esther by die lughawe gaan aflaai, na 'n heerlike tyd wat ons hier spandeer het, en waar sy wonderlik gehelp het met die kinders en ook met kos, daar is baie gekook en gevries dat ek vir die volgende paar weke heel okey gaan wees.

Ek luister nou na die CD van die Ester konferensie wat gister hier aangekom het, en dit is baie nice. Gerda, Hannes en die kinders het gister hier aangekom, en Ouma Ettie en Oupa Jacob kom weer more, so die huis is nog vol mense. Gerda hulle gaan nou ry, so dit gaan lekker wees om bietjie alleen te wees, ek het dit ook soms nodig. Jac slaap nou so ek het nou net mytyd, wat ek spandeer om hier te tik!.

Gister was 'n dol dag, Nêo-Rie se elboog het gister weer uitgeslip uit haar potjie uit toe Danie haar in die rondte gedraai het, en toe is ons eers weg Unitas toe vir 'n klompie geld wat spandeer word, en vanoggend toe sy wakker word en haar pa sien, wou sy weer draai!!!

Sy moet nou 'n sling dra vir 2 weke en dit is nogal 'n uitdaging om die ding aan te kry en haar gelukkig te kry om die ding te dra. Ons gaan nou maar elke dag salf smeer en probeer troetel, dalk werk dit. Gerda en Karla het my die hospitaal kom haal, want ek moes terugkom om Jac te voed, ook net betyds terug gewees.

Nou kom ons gaan bietjie terug in tyd. 3 Weke gelede is ek in vir die keisersnit, daar was toe bietjie komplikasies gewees toe hulle 'n gat in my blaas gesteek het met een van die instrumente. Blykbaar het my spiere aan my blaas vasgegroei en toe hulle die spier skeur om by Jac te kom toe gaan die blaas saam. Ek was toe 'n uur langer in teater gewees en Danie het nie mooi geweet wat gaan aan nie, aangesien hy uit is met Jac omdat die teater yskoud was. Nogal 'n aardige gevoel om op geopereer te word terwyl jy alles kan sien en wakker is! Wel daarna was ek nie heeltemal dieselfde nie, pyn was nogal erg en ek moes 'n week lank met 'n kateder loop. Hy het sy voordele soos om nie op te staan in die nag nie, maar Jac het dit uitgekanseleer want hy moes drink.

Eers toe die ding uit was, het ek weer soos 'n mens gevoel, die slaap is bietjie min, en ek is bietjie geiriteerd, maar hopelik sal alles die week na normaal terugkeer en dat ek die kinders weer in 'n roetine kan kry en nie so baie voor die TV nie. Jac is pragtig, hy was nie toe hy uitgekom het nie, maar nou is hy al baie mooier. Hy drink en slaap en sluk bietjie winde en piepie alles nat, maar ek sal seker nog gewoond raak daaraan ook.

Ouma Riettie het so paar dae voor die geboorte gekom en kom help met die kinders, en sodat ek soe bietjie kon slaap voor die geboorte. Sy het wondelik gehelp toe ek in die hospitaal was, ook sodat Danie ook baie tyd by my en Jac kon spandeer het.

Zane was baie opgewonde oor sy nuwe boetie en is nog steeds, net jammer hy slaap so baie hy kry nie al die tyd om net te sit en staar na Jac en absoluut alles wat Jac doen van sy mond trek tot sy vinger vas hou aan my te rapporteer nie. Dit is so koud (vir my altans, nie Danie nie) dat Jac maar meestal in sy kamer is voor die verwarmer.

Nêo-Rie is nie regtig veel gepla met hom nie. As hy huil sal sy langs hom staan en sy kop vryf en se "Dis okey, dis okey". So dit is nogal sweet. Ek besef ook ek moet hom deel met hulle en nie selfsugtig wees en hom net vir myself hou as hy wakker is nie.

My hande het ewe skeilik begin jeuk (nou weet ek glad nie spel mens dit nie!) en opswel as ek aan iets kouds vat, soos koue water ens. Ek kan dit glad nie verstaan nie. Ek probeer maar nou maar koue goed om my hande vermy. Ons wasmasjien het ook die gees gegee en nou was ek maar in ma- se masjien, maar dit gaan nie lank kan hou nie, want hulle trek nou Orighstad toe. Weet nog nie al die dinge nie, as hulle nou kom sal ons meer uitvind.

Ek en al die kinders was al twee keer alleen uit, ek weet jy mag eers oors 6 weke bestuur, maar ek kon net 2 weke uithou! Dit is nie so bad nie, 'n groot aanpassing van 2 af, dit vat net soveel langer om almal reg in in die kar te kry!

Nou wat het nog gebeur? Te min fotos word geneem, maar hopelik sal ons vandag nog 'n paar kan neem, probeer elke naweek fotos neem dat gebeur dit nie.

Daar is darem so paar op facebook

Click net op die link om dit te sien!


Ek gaan nou bietjie kyk wat is Twitter! groete daar

Comments

Anonymous said…
onslewe.blogspot.com is very informative. The article is very professionally written. I enjoy reading onslewe.blogspot.com every day.
instant payday
canadian payday loans

Popular posts from this blog

Is Corono over yet?--------------------Nope!

Entering our third week in Ankara–in waiting…

Visiting the historical sites in Ankara.