'n nuwe blaadjie vir my en die kinders

Sjoe wat 'n dag, en ja dit is nou al middel April. Ek het so rukkie terug die Monsters to Munchkins kursus van Andalene Salvasen gedoen. Deel van die opleiding, en dankie tog dit is, is om na my huis te kom en ons probleme, wat ek nie gedink het major is nie, uit te sorteer. Dit is amper soos Supernanny, vat net baie minder tyd in beslag met dieselfde en ek dink soms beter resultate.
Dit het 4 ure geneem voordat Nêo-Rie geluister het, en dit gaan nog 'n week se harde werk kos met albei van hulle. Maar ek gaan deurdruk, want die eindresultaat van onmiddelike gehoorsaamheid is wat ek verwag. Ek is ook baie moeg vanaand, dit was m
aar op my ook stresvol as sy die hele tyd so gehuil het as ek haar moes terugneem na haar 2min "timeout" en ek het gewonder of dit ooit gaan gebeur.Ek het ook gisteraand my eerste Immergroenouerskap sessie aangebied en daar is nog 6 Donderdae wat voorlê. Ek glo my eerste sessie het glad nie sleg afgeloop nie, net laat aangehou want die mense was laat en ek kon toe ook nie dadelik aan die slaap raak nie. Nie dat slaap nou enigsins maklik is nie, dit raak nou al hoe ongemakliker met die boep hier voor my en ek stamp ook gereeld in goed vas. Ek het volgende week nou nog 2 sessies my ander mense dan moet ek nog 2 gesinne soek en dan kan ek kwalifiseer. My rug is nou ook ietwat seer, seker maar te veel gedoen vandag.

More gaan ons Jac se kamer regmaak en ek kan nie wag nie, gaan maar vroeg slaap vanaand dat ek genoeg energie vir die dag het.
Nou ja, waar was ek laas, by ons vakansie in Ballito wat nou al regtig lank vergete is. Dit was regtig vir my 'n lekker breuk maar die ryery was te veel, nou ook met Paasnaweek, ons was eers 9 ure op die pad, want een of ander idioot verduidelik vir ons 'n baie groot ompad toe breek die kar op die ompad (plaaspad) en staan ons 'n hele ruk in die son in bak in die Vrystaat. D
ie terugtog was net 7 ure maar ook maar lank gewees. Ons het Danie se ouma se 90ste verjaarsdag gaan vier in Bethulie en saam met die hele van Niekerk familie gekuier. Dit was weer die eerste keer in 4 jaar wat die hele familie bymekaar was.Ons was by Tussen die Riviere geweees, sal nie weer soontoe gaan nie, ry jou dinges af op grondpaaie en daar is niks wild om te sien nie, want hulle jag ook daar. Dit is nou amper half 7 in die aand en ek voel of dit al 10 uur moet wees. Ek gaan regtig nie lank wakker bly vanaand nie, wag net vir Danie om by die huis te kom dat hy die kinders kan oorneem.
Hier is heelwat fotos van waar ons op 'n "Animal Farm" gekuier het net buite Ballito en een waar Nêo-Rie by 'n kinderpartyjie is.
Die ander fotos is geneem by Tussen die Riviere Natuurreservaat en by die gastehuis waar ons Oumagrootjie se 90ste
verjaarsdag gevier het.Nou ja hier is ek eintlik aan die einde van my storie vir nou. Nog net 2 maande oor dan is ons 5 in die huis as alles goedgaan. Ek sien nogal uit na Jac se geboorte dit lyk of hy nogal lang hare kan hê, Danie se gene.
Daar is nog baie fotos op facebook beskikbaar







Comments