Mei mannewales



Die 5 de Mei was my verjaarsdag, maar aangesien Nêo-Rie nooit 'n partytjie gehad het, en sy nou so in 'n "Verjaarsdag" fase is, het ek besluit om vir haar 'n partytjie op my verjaarsdag te hou. Ons het ook gemeenskaplike vriende, so of ek haar vriende nooi of myne dit sou in elk geval dieselfde mense gewees het. So hier bo is Mickey Mouse vir die wat gewonder het. Dit is my en Danie se tweede poging aan 'n koek. Ek dink ons eerste poging was beter, maar die een lyk darem nie te sleg nie?
Daar was ongelooflik baie deeg oor gewees so daar was cupcakes by die dosyne. Ouma Ettie en Oupa Jacob het ook kom kuier uit Orighstad uit waar hulle op die oomblik by die gemeente daar uithelp en dit was heerlik gewees. Ek weet nie wie was die opgewondste nie, die kinders of die ouma en oupa nie. Ons mis hulle hier, maar gelukkig word Jac amper gebore dan gaan ouma darem vir 'n hele rukkie weer hier in haar eie huis kom kuier.
Nêo-Rie beloer hier die tamaties en cupcakes en wag vir die gaste om op te daag, sy kan nie glo sy moet so lank wag nie, die nou weer haar ma wat die goed so vroeg uitpak!

Hier is nog cupcakes, en broodjies in die vorm van Mickey Mouse.





Hierdie tamatie, komkommer en brokolie boom het ouma aanmekaar geslaan en dit lyk heerlik!

Druiwe en lemoen en appel! net die regte ding vir kinders, en hul ouers

Nou hier het ons wartelemoen en kiwivrug wat ook in vorms uitgedruk is. Ouma het hier ook gehelp, ek dink nie ek sou alles kon klaarkry sonder haar nie, want die goed kan nie staan nie dan word dit te pap. Al die maatjies het heerlik gekuier en die twee kinders was die aand vroeg in die bed, heeltemal uitgeput. Nêo-Rie het heelwat benodighede vir haar "baba" gekry wat amper oppad is, die baba gaan dieselfde tyd as Jac gebore word en ons hoop dit help bietjie met die aanpassings wat nog gaan kom.


Ek is nou baie ongemaklik en slaap nie meer lekker nie, my heupe is seer, en die naarheid is soms terug as hy bollemakiesies hier binne my slaan. Ek is ook nou moeg en wil aan die een kant hê hy moet nou uit, en aan die ander kant weet ek nie of ek reg is vir hom nie. Ek het nog die 30ste Mei my "gourmet cupcake" kursus by Pru Leith College of Food and Wine, en my ginekoloog hardloop nog die comrades daai tyd, so Jac moet maar in elke geval nog binne bly tot in Junie toe. Wie weet dalk is Corne reg dan kom hy hier rondom die 7de Junie.


Dit was gister die ooievaarsete vir Jac hier by ons huis en ons het heerlik gekuier. Baie mense en baie kinders, ek is half bly almal wat genooi was kon nie kom nie, want ek was doodmoeg gisteraand en wou al 7 uur gaan slaap het.



Schalk, Christelle, Mia en Tanja


Ek maak die geskenke oop, Jac het 'n baie nice goed gekry!


Wat is nou lekkerder as roomys?


Nêo-Rie met haar gunsteling goed, haar skaap en 'n boek


Jaden in die popwaantjie


'n tipiese "Danie stance"


Ek op 8 maande swanger!

Ja daar is nie meer spasie vir groei nie, so eintlik moet hy seker nou maar kom, vir my "spasie onthalwe".

Danie het nou begin met 'n fotografie kursus een aand 'n week en hy geniet dit baie. Ek bied ook nou my eerste Immergroen Ouerskap kursus aan, ook een aand 'n week en ons het nog 3 sessies oor voordat ons klaar is. Ek het ook al 3 Monster to Munchkins sessies gedoen en moet nog my laaste een doen voordat ek akkrediteer. Ek geniet dit baie, net soms moeilik om die kinders iewers te los, en gaan vir die volgende paar maande nie werk nie, maar daarna gaan dit heerlik wees vir my.

Ek kan nie glo ons is al amper 5 in die huis nie, ek weet nie of ek weer op die blog gaan skryf voor die geboorte nie, sal seker eers weer einde Junie skryf. In plaas van elke 2 weke skryf raak dit nou een keer 'n maand, miskien sal dit weer later verbeter. Met die tuisskoling gaan dit ook aan, elkeen op sy tyd. volgende jaar is Zane in graad 0, en dan is ek hopelik gewoond aan 3 kinders en dan sal ek meer tyd ook he as ons eers in Witrivier is.

Ons het al begin om van ons meubels te verkoop en van dit weg te gee, nogal lekker om onslae te raak van goed, jammer ook, maar tog bevrydend.

Wel nou ja. Kom ons kyk wanneer skryf ek weer. Chao




Comments

Popular posts from this blog

Is Corono over yet?--------------------Nope!

Entering our third week in Ankara–in waiting…

Visiting the historical sites in Ankara.