Nou waar was ek laas
Sjoe maar ek het lanklaas geskryf. Nou hier volg die update van die laaste skrywe af.
Danie verjaar vandag, toe besef ek dis al einde Augustus! Die kinders speel heel lekker buite op die oomblik. Zane het verlede week toe ons in Ohrigstad was op sy kop geval. Redelik hard, ons moes Lydenburg toe ry vir xtrale ens. Hy het nogal 'n redelike harsaanskudding opgedoen en kon vir 'n minuut lank nie sien nie. Dit was nogal bietjie erg op die ouers en ouma en oupa gewees. Nou moet ons hom weer vir 'n week rustig hou, ook glad nie 'n maklike taak nie.
Jac is ook vandag 12 weke oud. Ek moes nou eers teruggaan in my kalender in om te tel. Hy raak al hoe vriendeliker en gesels sommer al baie, skop en lag tog te oulik. Hy het ook al sy eerste inspuiting gehad en moet volgende week gaan vir sy volgende een.
Dit is nou al 6 weke na my vorige skrywe. Zane het verjaar op die 31ste Julie, en die 1ste Aug op Oupa Hendrik se verjaarsdag hou ons toe partytjie. My idee was 'n heerlike winter sonskyn dag by die Lugmagbasis, waar ons die vliegtuig partyjie sou hou, maar toe kry ons die koudste dag die winter met ysreen!!!!!
Ons trek toe in Ouma en Oupa se huis in wat leeg staan en hou die partytjie daar. Ek en Danie het vir hom 'n camofleer vliegtuigkoek gebak. Kan jy glo dat Danie nie meer sulke koeke wil bak nie, hy wil nou net eenvoudige koeke maak en Jac het nog nie eens 'n koek gehad nie! Nee dit gaan nie werk nie.
Zane het heerlik verjaarsdag gehou en kan nie gly hy is al 5 jaar oud nie, hy wil nou wel 6 wees, net die dag na sy verjaarsdag toe wil hy weet wanneer word hy 6. Ons het ook verlede week nog 'n partyjie gehou by Ouma en Oupa op Ohrigstad, nog 'n heerlike verrassing vir hom.
Ons sel het verlede naweek na Dullstroom gegaan en heerlik daar gekuier by Dunkirk Country Estate, lekker gerus! Toe is ons weg na Ouma Ettie en Oupa Jacob toe. Daar het ons op die boot by die Blyderivierdam uitgegaan - vrek koud gewees! en ook deur die Eco grotte geloop - en was ek nie styf en moeg die volgende dag nie. My bobene wou nie werk nie, en ek het my kop in die grot gestamp, darem nie so erg soos my pa nie, geen bloed gehad nie.
Dinsdag het ek en Danie na Witrivier gery en bietjie gaan gesels en sommer net so paar fotos geneem van die woonstel waarin ons moet ingaan. Dit het vir my groter gelyk as wat ek gedink het, maar nou dat ek by die huis is, kan ek nie glo ek moet my meubels en goed daar inkry nie. Ek lei bietjie aan 'n ligte depressie as ek so deur my huis loop en besef wat ek alles moet opgee. En nou begin ek ook weereens die koste bereken op 'n sendeling te word. Hierdie is maar net die begin, en dit is net goed! Maar tog is daai feeling daar oor ek wil dit hou en ek wil my lewensstyl behou, maar weet dit gaan al hoe meer verander en al hoe eenvoudiger word!
Ek het ook begin met 'n LAMP kursus - Language Accusition Made Practical - hoe om taal aan te leer. Nogal interresant.
Verder lyk ons program vir die jaar al weer baie vol. Volgende naweek 3 kinderpartyjies, my Lamp kursus en nog. Ek en Danie moet ook nou begin om support in te kry vir die volgende 3 jaar. So ons moet daaraan ook begin werk en ook ons Stuursel saamstel vir die volgende 3+ jaar.
Ek sal nog graag 'n Immergroen Ouerskap kursus ook die jaar wil aanbied en sal moet kyk na datums daarvoor.
Ons was ook by Mia Kriel se 1ste Verjaarsdag gewees. Heerlik partytjie gehou. Steph het ook een aand kom oorslaap en die kinders het heerlik in die modder gespeel terwyl ek by 'n Monster to Munchkins kuier was.
Met Nêo-Rie gaan dit ook goed. Sy raak nou 'n regte patroon en eiewys en is nog steeds op haar Nee fase, maar ons hanteer dit en dit lyk of dit beter word. Gepraat van hulle ek wonder waar is hulle, dis bietjie stil! toemaar hier is hulle nou. Ek moet seker begin om haar te pottytrain, is bietjie lui om nou te begin, sal maar sien dalk train sy haarself -ha -ha.
Ons sal nou-nou bietjie prentjies maak vir Danie wat verjaar. My lys van dinge vir vandag is bietjie lank, kom ons hoop ons kom deur dit! Laat ek gaan!

Comments