5 Jaar oud
Nou wie sou kon dink dat die 1st Aug so 'n koue en nat Saterdag sou wees. Zane het gister 5 jaar oud geword. Nou is dit al amper 8 uur, en ek is doodmoeg. Dit was regtig 'n ysige dag vandag en Jac het dit gevier deur meer te drink as gewoonlik, ek hoop nie sy streke hou deur die nag aan nie, want ek wil regtig graag slaap. Ons was toe nou vanoggend vroeg na Swartkops Lugmagbasis toe, maar die weer het glad nie saam gespeel nie en ons het vinnig die partytjie geskuif na ons huis toe.
Die fotos is nou glad nie wat ek gedroom het dit gaan wees nie, ek het 'n gelukkige gesin met 'n vliegtuig in die agtergrond gesien en nie 'n skreeuende kind met geen vliegtuig in die agtergrond nie. Ek het ook vir al die kinder tipe Camo klere gekry, maar Zane se klere was hoogsomer, en Jac het versuip in sy pakkie. Wel die reenjas het ook vir Nêo-Rie na 'n baie beter opsie gelyk, dus die bond foto en geen camodrag nie. O ja Danie wou ook nie sy camo kortbroek aantrek nie en die bandanna was te klein vir sy kop (of sy kop te groot).
Ten spyte van die koue en slegte weer het ons nog steeds 'n lekker partytjie gehou so op die nippertjie dinge verander, maar nou ja. Al my wasgoed is natuurlik nat!
Ons is ook nou amptelik aanvaar by ASM (Africa School of Missions) vir volgende jaar en gaan nou in Augustus kyk en meet en pas om te sien hoeveel van ons meubels moet ons ontslae raak van, en nie gepraat van die kinders se speelgoed en sommer 'n klomp ander goed nie. Ek hou mos van opgaar so dit kan of traumaties of bevrydend wees. Ek hoop dit is laaste een, maar met Danie naby weet mens nooit waarvan hy onslae wil raak nie.
Wel na die partytjie het ons nou genoeg soetgoed gehad vir 'n ruk, en gaan nou reg eet van hier af.
Wel dit is al vir nou.
Groetnis.

Comments