Kuier op die plaas

Kan nie glo dit is al die 5de Oktober vandag nie. Ons het gister teruggekom van 'n heerlike kuier op die plaas, so lekker ek kon 2 boeke klaar lees!. Die kinders het dit regtig baie geniet, ons het hulle omtrent nooit gesien nie. Zane is net skrikkerig vir elke liewe dier, maar begin dan later bietjie meer gewoond raak. Nêo-Rie het nie 'n banghaar op haar kop nie, ons moet haar skoene uittrek anders sal sy nooit terugkom nie.

Dit was vir so paar dae ysig koud gewees, en ek moes vir Jac gaan ekstra klere by PEP kry want ek het nie genoeg saam geneem nie. Die ander twee het maar vuil rondgeloop. Daar is wasmasjiene maar dit was nat en koud. Ons het so paar aande en soms in die dag lekker voor die kaggel gesit.

Nou ja met ons gaan dit nog voor die wind. Hierdie is Danie se laaste maand by die werk en dan is hy ook 'n huisman vir so 2 maande. Ons hoop om middel Desember te trek na Witrivier, sy klasse begin 18 Januarie en ons wil graag ingeburger wees voor dan. Die volgende paar maande gaan vir ons bietjie dol wees. Ons moet 'n klomp mense gaan sien, en inpak en alles regkry vir die trek en ons nuwe lewe by Africa School of Missions.

Ek sal later so paar plaasfotos insit!

Comments

Popular posts from this blog

Is Corono over yet?--------------------Nope!

Entering our third week in Ankara–in waiting…

Visiting the historical sites in Ankara.