Koud en Nat

Ek kan nie glo die winter hier is so koud en nat nie, nie gewoond hier aan nie. My ma-hulle is hier en nou kan ek begin rustig slaap in die nag. Ek dink in elke geval Jac gaan binne bly tot hy uitgehaal word op Maandag.

Die kinders was weer uit hulle velle uit gewees toe hulle Ouma en Oupa sien en het so ietwat gesukkel om tot bedaring te kom, die heeldag in die huis wees het natuurlik ook nie gehelp met die bolle energie nie.

Ek sukkel regtig om te slaap nou in die aande, die pyn in my skouers, en bene en rug en als is nogal erg, dalk moet ek weer daai pynpille probeer, en dadelik gaan slaap voor die newe efekte begin van jeuk en nie slaap nie! Hoop dit werk anders gaan ek nie geslaap kry vanaand nie.

Zane kan nie wag vir sy boetie om te kom nie, en eerlik waar ek ook nie, ek sien ook baie uit na die "rus" in die hospitaal, julle mag dalk nie dink ek gaan rus nie, maar met 2 besige peuters/kleuters by die huis gaan een baba rus wees!

Daar sal seker nie nog nuus wees voordat Jac nie hier is nie. Ek kan nie nou aan veel dink nie, O ja Major deurbraak Danie se vorms is gepos vir ASM! en dit behoort more daar aan te kom. So ja een wonderwerk het gebeur, en nou hoop ons net vir die beste, nog nie seker oor akkomodasie daar nie.

O en ons het ons Colt bakkie gekoop (nie nuut nie), en Danie pas nogal vir my in die ding, ek het altyd geveg teen 4x4 's en wou nooit een gehad het nie, maar prakties en ekonomies gaan die ding beter werk in Witrivier as ons Renault. so die Renault sal seker hier teen Oktober sy ry kry.

my rug is nou regtig seer, ek gaan nou eers iets warms op hom sit.

baai for now

Comments

Popular posts from this blog

Is Corono over yet?--------------------Nope!

Entering our third week in Ankara–in waiting…

Visiting the historical sites in Ankara.