Posts
Showing posts from 2010
Einde van die jaar is in sig
- Get link
- X
- Other Apps
Zane eet ontbyt Ons het oats gehad vir ontbyt vandag - net so bietjie nuttelose inligting. Ek kan nie glo die jaar l ê al amper op sy einde nie. Vanoggend toe ek weer die kinders skoolgee hier buite op die stoep besef ek daar is nog net 3 weke van skool oor vir ons. (ampetelike skool) want as jy tuisskool hou dit nooit werklik op nie. Die kinders het later onder die boom gespeel en ek lig toe e en van die kussings op wat op die trappe is. Daar loer slang vir my. Toe is die slang tussen my en die kinders. Ek skree toe maar dat hulle net daar moet bly en nie nader kom nie, vra vir Mavis om die slang dop te hou sodat ek iemand kan bel om sy kop te kom vermorsel. Jac eet ontbyt Neo-Rie eet ontbyt Gelukkig kon Kobus tot my redding kom en vermoor toe die kobra. Hier is ‘n foto van toe hy nog lewendig was. Die Mosambiekse Spoegkobra wat eers op die trap was Dit raak nou al lekker warm hier by ons en ons sal nie meer sommer goed buite kan laat lê waar die slange hulleself kan tuismaa...
Ons uitreik na Canzibe
- Get link
- X
- Other Apps
Ek kan nie glo dit is al Oktober maand nie, waar is September heen. O ja, ons was omtrent die hele September nie op ASM nie. Ons het die 3de September begin met ons uittog na Canzibe net buite Mtata (ou Transkei). Ons het 3 uur die oggend opgestaan en 3 uur die volgende oggend was almal uiteindelik daar. Julle sal moet wag vir die nuusbrief om die hele storie te hoor! Hier is solank 'n paar fotos. Die groep wat saam gegaan het. Ek voel ek moet nog iets so solank ek nou skryf. Ek het laringites so ek sal nie te lank praat nie. Ek kan nie glo die jaar is al amper op 'n einde nie. Ek gaan nou volgende week Ohrigstad toe, my pa word 70 en ons hele gesin (van der Merwe's) gaan daar wees dit gaan heerlik wees. Ek oorweeg dit ook nog om volgende jaar deur Petra te studeer. Kinderbediening. Verder gaan dit nog goed. Die warm weer is hier en dit gaan nog baie warmer word. Jac het so mooi krullebol en ek wil dit nie graag afsny nie, maar hy kry so warm. Ons sal sien wie wen, die hi...
Zane's 6th Birthday
- Get link
- X
- Other Apps
I had an absolute ball planning this party for Zane and I am now emotionally in creatively drained! Zane turned 6 years old on the 31 st of July. He was so excited about his birthday that you was litrelly jumping up and down telling “Ek kan nie nog een aand wag nie” When the big day arrived, I was so lazy to get out of bed to go and sing for him, but I dragged myself out, and Danie as well, to sing Zane awake! Then the day was ahead of us and all the things needed to be set in place. We had some missionaries over for breakfast that arrived late the previous night. The party started at 3:00. Now let’s start at the beginning. The cake was Diego’s Rescue pack (it is orange) The snacks all had some animal in them, Diego loves animals. Zane was dressed like Diego and received a rescue pack for his birthday, a friend of mine Naomi made the pack for him. We started off with an animal chase, all the kids received a “video watch” with the animal they had to rescue, and...
Ons uitreik na Mosambiek
- Get link
- X
- Other Apps
My eerste indrukke van Mosambiek was, sjoe dit lyk net soos Suid-Amerika. My hart het sommer rustig geword as ek na die mense gekyk het en na die taal geluister het. Alhoewel ek net 1 uit elke 30 woorde kon verstaan was dit vir my 'n goeie gevoel, ek het gevoel ons hoort daar! Ons is saam met NG Gemeente Witrivier op 'n 10 dag uitreik na Paindane, naby Inhambane op die kus van Mosambiek. Jac was die jongste kind wat saamgegaan het. Ons het die oggend al 3 uur vertrek vanaf ASM en eers die aand 9 uur in Paindane aangekom! 17 ure trip. Ons het dit net met gebed gemaak. Die laaste 2 ure was nogal erg op my en die kinders, maar ons het almal lewendig daar uitgekom. Dit was nogal 'n uitdaging om tent op te slaan en alles reg te kry in die nag vir almal om te kan slaap. Die eerste aand was bietjie moeilik, maar ons kon ten minste bietjie slaap. Die volgende oggend kon N ê o-Rie haarself nie terughou toe sy sien ons kampeer bo-op sand nie. Sy het sommer ingeduik en begin swem in d...
Jac se !ste Verjaarsdag partytjie
- Get link
- X
- Other Apps
Jac se kameelperdkoek Die koek en so paar van die cupcakes Die hele gesin saam met oupa en ouma Ouma Riette en Oupa Jacob met die kinders Mamma en Jac Kaitlyn, Neo-Rie en Emma Die kinders help kerse blaas En nou wat moet ek nou doen? Jac wil nie 1ste verjaarsdag koek vernietig nie! Die kinders speel klei Elkeen maak kameelperde
My verjaarsdag en nog meer
- Get link
- X
- Other Apps
Ek weet ek het gese die nuusbrief is volgende.Dit is klaar maar ons sukkel om dit uit te kry, dan is dit fout en dan is die adreslys verkeerd. Ons hoor toe nou dat 'n hele paar mense wat dit moet kry dit nie gekry het dit laaste 2 kere nie. So as jy ook een van hulle is, laat weet asb per email aan my dan maak ons die probleem reg. Ons gaan dit binnekort deur ons Kommunikasie persoon (Sakkie du Plooy) laaat uitstuur, sodra ons die regte name het. Nou maar wat het in Mei gebeur. O ja ek het verjaar! Dit was heerlik gewees. My ma-hulle het deurgekom vir my teepartytjie. Hier is so paar fotos. Die teetafel My teepot koek Ek, Zane en Nêo-Rie (Jac het geslaap) Ek het al die vrouens omtrent op die kampus genooi en ons het lekker gekuier. Die kinders het my kersies uitgeblaas, nee daar was nie 37 nie, net 3 sparkels. Verder het ons toe die naweek van die 7de Mei Pretoria (Centurion) toe gegaan om ons bakkie hopelik finaal te laat regmaak, daar lek alweer olie, maar ons sal maar sien wa...
My eerste slang
- Get link
- X
- Other Apps
Ek het vanoggend my eerste slang op ASM gesien. Hierdie afgelope week was hier nogal baie slange, twee kobras so 10 tree van my voordeur af, maar ek het hulle nie gesien nie, nog 'n kobra so 100m van hier af en toe nou vanoggend die ander slang, dit was 'n lang blink bruinerige slang. So dit kon of 'n gewone huisslang gewees het of 'n mamba. Hy was by my voete gewees toe ek die trappies wou opklim. Neo-Rie was klaar bo, maar ek het haar so vinnig daar afgeruk toe ek die slang by my voete sien dat sy sommer vir my kwaad was. Nou is die slang weg, en dit was ook so 7 stree van my voordeur af. Ons dink die slange bly hier in die muur voor ons huise. Wat kan mens nou maak? Ek werk nog aan my nuwe nuusbrief, wees net geduldig. Danie het so paar take om eers af te handel en hy moet van die artikels skryf. Dit gaan nou baie rustiger vandat ek net my eie kinders homeschool. Ek gaan nog een seuntjie, Markus inneem vir 2 dae 'n week. Lekker maatjie vir Zane. Jac het nou al 2 ...
Dit is vakansie
- Get link
- X
- Other Apps
Sjoe ek kan nie glo die vakansie is hier en dat ons al amper 4 maande lank hier bly nie. Aan die een kant voel dit soos gister wat ons getrek het, en aan die ander kant voel dit weer of ons al jare lank hier bly. Danie se Nations kursus is nou verby en die World Outreach Konferensie begin volgende week vir 3 dae. Ons is genooi, maar sal net selektief bywoon. Ons het ook baie werk aan ons huisie en tuin wat ons graag wil doen en dan moet Danie nog twee take ook oor die vakansie doen, en dit is maar 'n kort vakansie vir al die dinge wat ons wil doen. Ek dink Jac gaan nou binnekort begin kruip daarom wil ons graag die stoep toemaak met nog 'n staalheining met 'n hekkie. Dit is opmerklik dat die mense hier nie veel verbeteringe aan hulle woonstelle aanbring nie en verwag dat ASM alles moet doen. Hulle het nie geld daarvoor nie, dus gaan ons nou maar self probeer om 'n paar dinge te verander. Ek kan nie glo dat daar nie meer so baie kinders in my huis gaan wees nie. Ek sien...
Jac is 9 maande oud
- Get link
- X
- Other Apps
Ek kan nie glo my babatjie is al 9 maande oud nie. Die tyd vlieg verskriklik gou verby. Ek het hom nou net gebad en hoop hy gaan nou slaap. Hy skree bietjie so ek hoop Danie kan hom nou aan die slaap kry. Hy is nog steeds my vriendlike en pragtige seun. Hy lag van oor tot oor en is baie gelukkig. Soms vergeet ek van hom as hy so stil sit en speel. Ons was die naweek in Thabazimbi gewees, Gerda het verjaar en dit was die eerste keer in 'n lang tyd dat die hele familie bymekaar was. Ons het ook vir Maya ontmoet, sy is 4 dae jonger as Jac. Dit is nou my broer Willem en sy vrou Christelle se tweede dogterjie. Dit was lekker om as familie te kon saam kuier was net regtig 'n baie lang pad. Ons bakkie is die afgelope 3 weke stukkend en ons was sonder vervoer gewees. Ons kry toe die bakkie Vrydagmiddag 1 uur terug vir ons trip na Thabazimbi. Nou ja, toe nou nie soos ons gedink het nie, Nou staan hy alweer in Centurion en ons leen op die oomblik 'n motor. Ek kan nie glo dat so baie ...
Ons week op Kruisrivier
- Get link
- X
- Other Apps
Nog 'n week is verby. Die laaste week was 'n uitdaging en dit was heerlik. Ons het gaan kamp op Kruisrivier. Ek was 20 jaar gelede op daardie kampterein, en dit het nogal snaaks gevoel(en oud, maar daaroor praat ons nie). Ek moet erken ek het gedink die kamer waarin ons ingaan is groter as 4m x 4m vir ons hele gesin, maar nou ja, ons het dit oorleef en Zane en Nêo-Rie het dit ongelooflik baie geniet. Jac het die meeste van die aande om geskree! Ek is nog steeds nie seker wat sy pyn was nie, en of hy net warm en ongemaklik was nie, maar ons het nie veel slaap gerky nie, hy wou ook elke 2 ure drink. Dit was naby Groblersdal en dit was redelik warm gewees. Ons kon die mense baie beter leer ken, en Danie het regtig dinge van homself ook ontdek wat hy nie voorheen geweet het nie. Zane was so gelukkig soos 'n vark in Palastine. Hy het saam met Danie heelwat van die avontuur aktiwiteite gedoen, Nêo-Rie het ook probeer om deel te neem. Ek is baie bly om terug te wees. Ons het vand...
Week 1 op ASM verby
- Get link
- X
- Other Apps
Ek kan nie glo een hele week is al verby nie! Dit was nogal 'n dol week gewees, en ons sukkel maar met die internet hier, baie op en af! Danie se orienteeringsfase het nou tot 'n einde gekom.Ek is nogal geskok gewees toe ek sy program vir die kwartaal sien. Ek het gewoond geraak aan hom naby my en sy hulp met die huis en die kinders. Ek het selfs by die Voortrekkers betrokke geraak in die hoop dat hy my sal kan help. Helaas is dit toe nou nie die geval nie. Die skedule is hectic om die minste daarvan te sê. Ek het baie gewonder nou wat my werk nou eintlik hier is, ek wil ook baie graag deel in alles by ASM, maar met die kinders is dit nie moontlik vir my nie. Ek voel nou ek mis uit, omdat ek heeldag net met die kinders besig is. Dinge gaan nogal dol hier. Ek het toe vanoggend 6 uur opgestaan om net 'n tydjie vir myself ook te kry en buite gaan sit (Jac was toe wakker saam met my) en net met God gechat en besluit om die jaar die Bybel van voor na agter deur te lees. Ek het d...
Happy New Year, Happy New Year!!!!
- Get link
- X
- Other Apps
Rita het my herrinner dat ek weer iets moet skryf. Ek is besig met ons nuusbrief so dit sal binnekort verskyn. In Afrikaans en Engels. Ek het vandag bietjie gewerk aan die voorbereiding vir die Tuisskool wat ek nou "amptelik" Maandag gaan begin. Ek gaan ook 'n ander man en vrou met hulle 2 kiddies help vir so paar weke. Hulle moet eintlik in Zambia wees maar sukkel met hulle aanneming van hulle seuntjie. Nou waar was ek laas. O ja, My nuwejaar was toe nou nie 'n Safari ete saam met die mense van ASM nie, maar 'n hospitaal ete saam met Jac. Jac se koors wou nie breek nie en ons is toe af Nelspruit toe om te gaan kyk wat is fout. Hy het aanmekaar naar geword en die koors wou nie afkom nie. Die dokter book ons toe in. Ek het gehoop dit is net vir 1 aand. Ek was eintlik oortuig gewees dat dit net een aand sou wees. Ek het nie baie goed geslaap daardie aand nie, deels seker van die trauma dat hulle 'n drip in my arme seuntjie se klein armpie moes sit en ek nie ...