Einde van die jaar is in sig


Zane eet ontbyt

Ons het oats gehad vir ontbyt vandag - net so bietjie nuttelose inligting.

Ek kan nie glo die jaar lê al amper op sy einde nie. Vanoggend toe ek weer die kinders skoolgee hier buite op die stoep besef ek daar is nog net 3 weke van skool oor vir ons. (ampetelike skool) want as jy tuisskool hou dit nooit werklik op nie.

Die kinders het later onder die boom gespeel en ek lig toe een van die kussings op wat op die trappe is. Daar loer slang vir my. Toe is die slang tussen my en die kinders. Ek skree toe maar dat hulle net daar moet bly en nie nader kom nie, vra vir Mavis om die slang dop te hou sodat ek iemand kan bel om sy kop te kom vermorsel.

Jac eet ontbyt

Neo-Rie eet ontbyt

Gelukkig kon Kobus tot my redding kom en vermoor toe die kobra. Hier is ‘n foto van toe hy nog lewendig was.

Die Mosambiekse Spoegkobra wat eers op die trap was

Dit raak nou al lekker warm hier by ons en ons sal nie meer sommer goed buite kan laat lê waar die slange hulleself kan tuismaak nie. Jac lag nou hier agter my, toe ek omkyk loop hy sirkels rondom die kat wat op die mat lê. Ek dink die kat kry warm, hy lê onder die dakwaaier.

Danie is nou besig met Kairos, maar hy voel hy mors sy tyd, want ons het reeds “Perspectives” gedoen en hy sê hierdie een is baie afgewater. Hy het nog ‘n hele paar take om klaar te maak voordat hulle einde November klaarmaak. Die laaste week van November is Kampus werksweek, dan word die hele kampus skoongemaak.

Jac swaai op die stoep

Ek is nogal opgewonde oor 2 tuisskool programme wat ek op die internet gesien het, die een is Spaans vir sending, en die ander een kan my program wat ek nou gebruik baie goed aanvul en gaan oor “My Father’s world” dit is ook nie so duur soos van die ander programme nie en ek is regtig opgewonde daaroor. Dit lyk na net die goed wat ek graag vir my kinders sal wil leer.


Nou moet ek gaan aandete maak. groetnis

Comments

Popular posts from this blog

Is Corono over yet?--------------------Nope!

Entering our third week in Ankara–in waiting…

Visiting the historical sites in Ankara.