Ons uitreik na Mosambiek
My eerste indrukke van Mosambiek was, sjoe dit lyk net soos Suid-Amerika. My hart het sommer rustig geword as ek na die mense gekyk het en na die taal geluister het. Alhoewel ek net 1 uit elke 30 woorde kon verstaan was dit vir my 'n goeie gevoel, ek het gevoel ons hoort daar!
Ons is saam met NG Gemeente Witrivier op 'n 10 dag uitreik na Paindane, naby Inhambane op die kus van Mosambiek. Jac was die jongste kind wat saamgegaan het. Ons het die oggend al 3 uur vertrek vanaf ASM en eers die aand 9 uur in Paindane aangekom! 17 ure trip. Ons het dit net met gebed gemaak. Die laaste 2 ure was nogal erg op my en die kinders, maar ons het almal lewendig daar uitgekom.
Dit was nogal 'n uitdaging om tent op te slaan en alles reg te kry in die nag vir almal om te kan slaap. Die eerste aand was bietjie moeilik, maar ons kon ten minste bietjie slaap.
Die volgende oggend kon Nêo-Rie haarself nie terughou toe sy sien ons kampeer bo-op sand nie. Sy het sommer ingeduik en begin swem in die sand. Zane was nog nooit so vuil nie. Die sand was baie swart en my kinders was regtig die laaste tyd nog nooit so vuil gewees nie. Die storte was bietjie ver en moeilik om met 3 kinders te gaan stort, en die program was bietjie vol dat ons hulle gereeld kon stort.
Ons het skole gaan besoek, stranddienste gehad en poppekas elke dag. In die aande is daar flieks vir die vakansiegangers ook gewys, ons nuusbrief sal meer hieroor vertel.
Dit is baie moeilik om vir die mense te verduidelik dat jy geld het om al hulle goed te koop nie. Die meeste mense wat daar gaan vakansie hou kom met bote, jetski's groot 4x4's en wat ook al daaraan en ons trip was meestal gedek deur die gemeente. Net die petrol om tot daar te kom sou ons nie kon bekostig het nie.
Ek het op 'n paar geleenthede gedink: "Wat maak ek hier met 3 kinders en wat besiel my om 'n sendeling te word". Ek weet nog steeds nie heeltemal wat my besiel nie, behalwe dat ek weet dit is wat God van my vra. Ek moes maar een dag op 'n slag vat, sommige moeilike dae met kinders wat nie geslaap het nie, en ander weer beter dae met ma wat ook bietjie kon slaap. Soos ek hier sit en tik gaan baie dinge deur my gedagtes, oor hoe dit werlik gaan wees as ons eers Suid-Amerika toe gaan, en sal ek kan cope? Ek wonder ook of ons vir 'n jaar na New Tribes Missions se opleiding toe moet gaan voordat ons die sendingveld betree? So baie vrae en nog nie regtig antwoorde nie.
Nou is daar in September weer 'n uitreik na 'n plek naby Mtata. Weer met die 3 kinders en weer in 'n tent vir 2 weke. Soos ek nou voel, moeg en siek sien ek nie kans daarvoor nie, maar ek weet dit berei ons voor vir dinge wat nog na ons kant toe gaan kom. "Endurance" op 'n ander manier as wat ek gewoond is.
Ons nuusbrief sal binnekort volg dan kan julle meer nuus daarin lees, en gaan loer na die fotos van die uitreik op facebook en picasa.
http://www.facebook.com/album.php?aid=193937&id=709121775&l=5e76d96998
http://picasaweb.google.com/esther.vanniekerk/MosambiekUitreik#

Comments