Jac is 9 maande oud

Ek kan nie glo my babatjie is al 9 maande oud nie. Die tyd vlieg verskriklik gou verby. Ek het hom nou net gebad en hoop hy gaan nou slaap. Hy skree bietjie so ek hoop Danie kan hom nou aan die slaap kry. Hy is nog steeds my vriendlike en pragtige seun. Hy lag van oor tot oor en is baie gelukkig. Soms vergeet ek van hom as hy so stil sit en speel.

Ons was die naweek in Thabazimbi gewees, Gerda het verjaar en dit was die eerste keer in 'n lang tyd dat die hele familie bymekaar was. Ons het ook vir Maya ontmoet, sy is 4 dae jonger as Jac. Dit is nou my broer Willem en sy vrou Christelle se tweede dogterjie. Dit was lekker om as familie te kon saam kuier was net regtig 'n baie lang pad.

Ons bakkie is die afgelope 3 weke stukkend en ons was sonder vervoer gewees. Ons kry toe die bakkie Vrydagmiddag 1 uur terug vir ons trip na Thabazimbi. Nou ja, toe nou nie soos ons gedink het nie, Nou staan hy alweer in Centurion en ons leen op die oomblik 'n motor. Ek kan nie glo dat so baie dinge kan verkeerd gaan op een voertuig nie!

Met die kinders gaan dit redelik goed. Die uitslag wat Zane gehad is was toe al die tyd Skarlaken koors (Scarletfever) en Vrydag toe kry
Nêo-Rie dit ook, ons stop toe by 'n dokter in Centurion om dit toe nou uit te vind. Dankie ook aan Christelle wat ons op die regte spoor gesit het. Dit is darem nie 'n baie erge een nie. Zane se hande en voete dop net heeltemal af, maar dit lyk asof
Nêo-Rie dit in 'n ligter graad het. Ek hoop en bid ook dat Jac dit nie sal kry nie. Die koors is baie hoog maar die kinders hol rond en speel asof niks fout is nie.

Met Danie gaan dit ook goed. Nog twee weke oor van die Nations kursus en dan is dit vakansie, ek kan ook nie wag nie. Ons gaan die vakansie 'n gedeelte van die World Outreach goed bywoon, net so hier en daar en dan weet ek nog nie, mag dalk vir 'n week in Ohrigstad gaan kuier by ouma en oupa.

Dit is darem nie meer so warm hier nie. Miskien raak dit tog winter hier. O ja ons een rekenaar is gesteel uit die vertrek wat ek as 'n skool gebruik het, ons het nog nie alles hier na die huis toe geskuif nie. Alles wat ek ingescan het is nou weg. Gelukkig het ek nog alles, maar dit is ure se werk wat weg is. Enige volunteers wat nie weet wat om met hulle tyd te doen nie!

Wel dit is al vir vanaand. Moet die kinders in die bed kry en Danie help lees!

Groete daar

Comments

Miyoba Scholtz said…
Alreeds 9 maande...? Sjoe, die dag wat ek hom ontmoet is seker op sy trou dag...:-)

Popular posts from this blog

Is Corono over yet?--------------------Nope!

Entering our third week in Ankara–in waiting…

Visiting the historical sites in Ankara.