Ons week op Kruisrivier

Nog 'n week is verby. Die laaste week was 'n uitdaging en dit was heerlik. Ons het gaan kamp op Kruisrivier. Ek was 20 jaar gelede op daardie kampterein, en dit het nogal snaaks gevoel(en oud, maar daaroor praat ons nie). Ek moet erken ek het gedink die kamer waarin ons ingaan is groter as 4m x 4m vir ons hele gesin, maar nou ja, ons het dit oorleef en Zane en Nêo-Rie het dit ongelooflik baie geniet. Jac het die meeste van die aande om geskree!

Ek is nog steeds nie seker wat sy pyn was nie, en of hy net warm en ongemaklik was nie, maar ons het nie veel slaap gerky nie, hy wou ook elke 2 ure drink. Dit was naby Groblersdal en dit was redelik warm gewees. Ons kon die mense baie beter leer ken, en Danie het regtig dinge van homself ook ontdek wat hy nie voorheen geweet het nie. Zane was so gelukkig soos 'n vark in Palastine. Hy het saam met Danie heelwat van die avontuur aktiwiteite gedoen, Nêo-Rie het ook probeer om deel te neem.

Ek is baie bly om terug te wees. Ons het vandat ons teruggekom het al by verkseie mense gehoor ons trek die naweek, maar nog nie van die grootbaas haarself nie. Danie gaan nou dit net bevestig, maar dit is eintlik so aanvaar dat ons die naweek moet trek, want iemand anders wag al vir ons woonstel! So baie dankie vir al die gebede en almal wat gereeld wou weet waneer trek ons. Ons glo dit gaan die naweek gebeur. Ons weet nog nie hoe nie, maar ons sal al daai mense wat saam met ons gaan kamp het bymekaar roep en 'n tou vorm en al die goed net aangee, ons trek seker so 30m verder af in die paatjie, maar dit is nog steeds 'n trek! Ek sal in die week 'n paar fotos opsit. Danie is nou besig met sy rekenaar, hy moet 'n taak ingee, en al die fotos is op sy rekenaar! Hou maar die blog elke Dinsdag dop, ek gaan probeer om elke Maandag iets te plaas!

My ma-hulle het ook vandag vir die dag kom kuier en dit was vir ons heerlik, die kinders het dit regtig geniet, hulle mis hulle oumas en oupas baie. Juan was ons eerste besoeker vanaf Gauteng die naweek. Hy het saam met Danie gewerk. Hy was ook so gaaf om sommer 'n paar van ons goed wat nog daar was ook saam te bring. Dit raak nou al laat vir die ma, en ek gaan nou in die bed klim.

Nag almal.

Comments

Rita said…
PICTURES!!! We need pictures...
onslewe said…
I know, I know, I had to move house again, and are now looking after 9 kids, but they follow soon (the pictures I mean, not the kids)

Popular posts from this blog

Is Corono over yet?--------------------Nope!

Entering our third week in Ankara–in waiting…

Visiting the historical sites in Ankara.