My verjaarsdag en nog meer

Ek weet ek het gese die nuusbrief is volgende.Dit is klaar maar ons sukkel om dit uit te kry, dan is dit fout en dan is die adreslys verkeerd. Ons hoor toe nou dat 'n hele paar mense wat dit moet kry dit nie gekry het dit laaste 2 kere nie. So as jy ook een van hulle is, laat weet asb per email aan my dan maak ons die probleem reg. Ons gaan dit binnekort deur ons Kommunikasie persoon (Sakkie du Plooy) laaat uitstuur, sodra ons die regte name het.

Nou maar wat het in Mei gebeur. O ja ek het verjaar! Dit was heerlik gewees. My ma-hulle het deurgekom vir my teepartytjie. Hier is so paar fotos.

Die teetafel


My teepot koek


Ek, Zane en Nêo-Rie (Jac het geslaap)

Ek het al die vrouens omtrent op die kampus genooi en ons het lekker gekuier. Die kinders het my kersies uitgeblaas, nee daar was nie 37 nie, net 3 sparkels.




Verder het ons toe die naweek van die 7de Mei Pretoria (Centurion) toe gegaan om ons bakkie hopelik finaal te laat regmaak, daar lek alweer olie, maar ons sal maar sien waar dit nou vandaan kom. Ons het toe sommer die basaar van Sesmylspruit gaan bywoon en Danie het help snoek braai. Dit was heerlik gewees. Die bakkie het toe baie langer geneem om reg te maak as wat ons gedink het so ek kon heerlik kuier by al die mense. Ek kon ongelukkig nie orals uitkom nie, die dae was net te kort daarvoor. Zane en Nêo-Rie het vir 2 dae na Jolene se speelskool toe gegaan en dit heerlik geniet.

Nou is ons terug hier en ek moet weer erntig homeschool met die kinders van volgende week af!
Danie begin ook weer volstoom studeer, daar is nog so maand oor en dan is dit Jac se eerste verjaarsdag en net daarna gaan ons Mosambiek toe saam met Witrivier se gemeente. Ons sien baie uit. (ek dink) moet nog sien hoe ons almal in die tent pas! ek hou ongelukkig van orde so kom ons kyk wat werk, dalk moet ek maar net 'n palmboom wees vir daai 10 dae en niks omgee oor orde nie. Dit mag dalk my redding wees. ek gaan dit probeer net my kop swaai en my ander helfte entertain. Ek dink my ander helfte sal dit baie geniet as die perfesionis nie inmeng nie- ha ha!!!
Wel ek skryf weer, ons sel is vandag hier by ons huis en ek moet skoonmaak.
Baai for now!

Comments

Popular posts from this blog

Is Corono over yet?--------------------Nope!

Entering our third week in Ankara–in waiting…

Visiting the historical sites in Ankara.