Happy New Year, Happy New Year!!!!

Rita het my herrinner dat ek weer iets moet skryf. Ek is besig met ons nuusbrief so dit sal binnekort verskyn. In Afrikaans en Engels. Ek het vandag bietjie gewerk aan die voorbereiding vir die Tuisskool wat ek nou "amptelik" Maandag gaan begin. Ek gaan ook 'n ander man en vrou met hulle 2 kiddies help vir so paar weke. Hulle moet eintlik in Zambia wees maar sukkel met hulle aanneming van hulle seuntjie.

Nou waar was ek laas. O ja, My nuwejaar was toe nou nie 'n Safari ete saam met die mense van ASM nie, maar 'n hospitaal ete saam met Jac. Jac se koors wou nie breek nie en ons is toe af Nelspruit toe om te gaan kyk wat is fout. Hy het aanmekaar naar geword en die koors wou nie afkom nie. Die dokter book ons toe in. Ek het gehoop dit is net vir 1 aand. Ek was eintlik oortuig gewees dat dit net een aand sou wees. Ek het nie baie goed geslaap daardie aand nie, deels seker van die trauma dat hulle 'n drip in my arme seuntjie se klein armpie moes sit en ek nie mooi kon uitwerk hoe om hom te borsvoed nie, maar ook die seuntjie oorkant ons wat so van die pyn gehuil het. Sy naam was Sandile en sy ma se ex-boyfriend het hom met 'n petrolbom gegooi!!!!

Dit was vir my verskriklik, ek het die kind so jammer gekry. Dit het my hart gebreek. Hy was al daar van voor Kersfees af, en sy ma was nog nie 1 keer by hom gewees nie. Ek het in die 2 dae wat ons daar was, baie by hom gaan sit en sy been (daar waar dit nie gebrand het nie) gevryf sodat hy net kon rustig word en aand die slaap kan raak. Hy is maar 9 jaar oud.

Ek kon die 2de nag beter rus. Daar was gelukkig vir ons beddens ingedra. "Spesiaal vir Kersfees, omdat daar so min kinders in die sale was" - so ek kon ten minste rus. Nie baie nie, het maar so heen en weer gekuier met die ander mense daar. Jac was 'n droomkind, sy koors het so teen die middag van dag 2 in hospitaal gebreek en gelukkig nie weer terug gekom nie. So ons is die Saterdagoggend ontslaan. Daai middag toe ry ons Ohrighstad toe, want die volgende dag was Nêo-Rie se verjaarsdag.


Nêo-Rie het 3 jaar oud geword op die 3de Januarie. Ons het 'n partytjie by Oupa Jacob en Ouma Riëtte gehou. Dit was 'n Dora partytjie met 'n klomp maatjies wat almal daar in Ohrigstad woon.

Die middag is ek, Danie en Jac na Centurion vir die week. Ons moes nog 'n paar mense gaan sien het. Dit was baie moeilik vir Zane gewees. Eers die Hospitaal en toe die week weg. Dit was die eerste keer wat ons die kinders so lank iewers gelos het. Dit was maar moeilik vir ons en hulle. Nou dat ons terug is op ASM kan ons ook sien watter invloed dit op hulle gehad het. Hulle is moeilik en stry en baklei oor alles. Dit gaan seker weer so rukkie neem om almal in roetine te kry, maar hopelik sal dit gou oor wees.

Ek gaan nou ook Voortrekker offisier word vir die Graad 0 groepie. Ons begin al Maandag met 'n opedag en boeresport. Ek en die 3 kinders gaan deur Nelspruit toe en Danie het sy week van orientering hierso. So dink maar aan my, ek is seker bietjie mal, maar kom ons kyk hoe werk dit uit.

Met Jac gaan dit beter, hy hoes nog so snaakse hoes en sy neus loop nog. Hy het darem al so bietjie begin eet. Piesangs oor die algemeen, en Boudior koekies (seker so halwe koekie en so kwart piesang op 'n dag) Ek sukkel nog met die res, maar aanhouer wen.

Maar dit is al vir nou, ander is daar niks nuus oor vir die nuusbrief nie!

Comments

Alwyn said…
Hallo Julle
Ek is bly om te sien dis darem nie "boring" daar by julle nie. Ek is ook bly dat Jac se gesondheid darem nou beter is.

Ek sien uit na julle eerste nuusbrief. Aan hierdie kant dink ek baie aan julle en vertrou dat die Here julle nie net sal krag gee vir alles op julle pad nie, maar dat julle ook voortdurend sy leiding sal ervaar op die pad wat julle gaan.
Baie Blessings.

Alwyn
Rita D said…
Interesting news... thankfully the fever is gone... kids!
There have been a lot of changes in your lives... don't forget to involve the children in all the chnges and subsequent results and details... then they tend to accept things a little easier... well in theory anyway. Thanks for the update!

Popular posts from this blog

Is Corono over yet?--------------------Nope!

Entering our third week in Ankara–in waiting…

Visiting the historical sites in Ankara.