Van Niekerk nuus


Goeie dag almal wat almal is. Hierdie is my eerste probeerslag om 'n blog op te stel sodat julle kan sien wat gaan in ons lewens aan. Die langnaweek is nou agter die rug en Zane is bietjie siek, ek hoop maar hy voel beter, anders kan ek hom nie skool toe neem nie en dan is my hele dag net kinders. Ek wag nog om te hoor wanneer hulle die kursus gaan aanbied vir die Baby sign language franchise wat ek wil koop, dit lyk my dit gaan eers in Junie of Julie wees, ek hoop maar dit is vroeër. Met Nêo-Rie gaan dit goed, sy begin nou haar eie willetjie kry en trek soms haar rug so hol as ek haar wil neersit. Sy weier ook ewe skielik om die bottel te neem, so ek weet nie hoe gaan ek haar weer kry om dit te vat nie.


Danie soek ook nou 'n ander werk, hy is moeg vir sy huidige werk, so ons wag maar en kyk watter werke kom op. Op die oomblik gaan dit maar tight met ons budget, want ek het nou amptelik bedank by MES en van hierdie maand af kry ek nie meer salaris nie, ek het besluit om eers by die huis te bly en na Nêo-Rie te kyk, sy word nou die 3de Mei 4 maande oud. Sy is al baie lank 66cm en weeg nou 6,2kg. Ons kan nog nie sien watter kleur haar oe gaan wees nie, maar op die oomblik is dit grys.


Ons gaan Donderdag aand na Afrikaner 300 kyk, 'n show van Gys de Villiers, by die Centurion teater, sal julle laat weet hoe dit was.


Ons wil vir Zane vir sy verjaarsdag 'n "Cars" partytjie hou so ons begin nou rondkyk na allerande oulike dinge. Hy is mal oor die DVD, dit en Telletubbies is nog sy favorite. Hy wil elke middag daarna kyk.
Ek het begin met scrapbooking en geniet dit baie, dit is net 'n duur hobby. Ek maak nou vir Zane en Nêo-Rie elkeen 'n boek, en sal dan later my boeke ook moet oordoen.
Ons sit met 'n muisplaag wat ons nie uitgeroei kan kry nie, en nou is daar nog 'n mierplaag ook, plaas die twee mekaar kon eet dan sou ons probleme minder gewees het.
Dit het begin koud raak hier, ek dink so, Danie dink natuurlik dit is nog warm, maar hy het lankal al van sy breinselle verloor, 5 grade is nie warm vir my nie.
Wel dit is nou al van my kant af vir nou,
Groetnis
Esther

Comments

Popular posts from this blog

Is Corono over yet?--------------------Nope!

Entering our third week in Ankara–in waiting…

Visiting the historical sites in Ankara.