Nêo-Rie is vandag 4 maande
3 Mei 2007
Ek kan nie glo dit is vandag al 4 maande gelede wat Nêo-Rie gebore is nie. Toe ek gisteraand na haar kyk kon ek nog steeds nie glo dat sy myne is nie. Dit is vir my regtig 'n voorreg om by die huis te kan wees met haar, na regte moes ek al gister weer begin werk het, dit gaan tight sonder my ekstra inkomste, maar ek glo ons sal dit ook kan regkry, as Danie 'n beter werk kry sal dinge ook makliker gaan, so bid maar daarvoor.
Die fotos hierby aangeheg is vanoggend geneem so dit is vars fotos. Ek sal Saterdag ander fotos plaas, wat deur die fotograaf geneem is, dan sal daar uiteindelik ordentlike familiefotos wees.
My engelkind word nou groot.

Comments