Superman
Danie is 'n Superman fan, en dus is dit mos net reg dat ons sy seuntjie ook een maak. Zane in sy nuwe Superman pakkie, hy was baie trots op die pakkie, en ons is toe weg Kerkbasaar toe in sy pakkie.
Verder gaan dit nog goed hier. Zane is so bietjie siek, hoes ens en vanoggend het sy keel begin seer raak, so ek sal seker more gou dokter toe gaan met hom. Met Nêo-Rie gaan dit ook goed, ook net so bietjie loop neus. Ek sukkel nog steeds om vir haar die bottel te gee, alhoewel sy gister so bietjie daarvan gedrink het.
Die kursus wat ek en Danie loop is nou amper op 'n einde, nog net 2 Maandae aande oor. Dit het regtig 'n groot impak ons lewens gemaak. Dit handel oor Sending en Wereld perspektiewe.
Danie moet nou in Junie vir so 4 dae weer rondvlieg, Kaapstad en PE toe, so ek gaan dan die kinders vat na 'n bietjie warmder area - Thabazimbi en bietjie vir Gerda gaan kuier.
Ek werk ook nou nog deeltyds vir MES van die huis af, op kontrak basis vir 8 ure 'n week, of ek begin eers volgende maand amptelik. ek wonder nog oor die franchise in 'baby signlanguage" en of ek iets op my eie moet doen, my eie ding uitwerk. Maar ek dink nog daaraan, want ek wil dit graag doen, maar die franchise kos baie geld en dan is daar nog die maandelikse royalties wat jy moet betaal wat jou kan breek as jy die maand nie geld inbring nie.
Danie hoor nou more van ABSA, so hy sal ook binnekort moet gaan vir 'n onderhoud. Ons hoop maar vir die beste, wat dit ookal is, want hy wil nou 'n skuif maak maar ABSA is weer in die middestad van Jhb.
Wel dit is ons nuus vir nou.