Posts

Showing posts from 2011

Magriet en Dietmar trou

Image
Magriet het die 20ste Nov getrou hier is so paar van die fotos Die koek vir die kindertafel Zane , Neo-Rie en Jac Jac en Rebekka Die troukoek wat ek help versier het

20 jaar skool reunie

Image
Tanja, Jolandi en ek Ai al die mense Ons twee goepfotos Ons het ons 20 jaar skool reunie gehad. Dus omtrent al 'n leeftyd. Dit was lekker om almal weer te kon sien en te hoor hoe dit gaan en waarmee almal besig is. Sien mekaar dalk weer oor 5 of 10 jaar!

Familie eskapades

Image
Zane se 7de Verjaarsdag partyjie Rocket koek en Space party Zane met al sy eetgoed Ons is in die Kaap en hier is Caleb en Joy ook Kuier in die Kaap Kids by Fairview Kyk mooi dis wilde honde wat daar le Kameelperd in die wiltuin En daar is die luiperd ook Zane in Durban Jac speel ook put-put Neo-Rie op haar "mermaid" rots Wow ek het lanklaas geskryf. Ek besef nou eers hoe dol dit hier gegaan het. Na Macedonie, was ons vir 'n week in Durban en daarna was daar 2 verjaarsdae, Zane en Danie s'n.  Ons was ook weer in Pta en het 'n draai  in Kaapstad gaan maak. Oupa Hendrik en ouma Esther hier gekuier. Homeschooling het weer begin en is weer gelos, ek was 'n vegan vir 'n maand! ha ha ha. Ek is so agter met my skryfwerk dit is nie snaaks nie. Ek gaan nie probeer om alles in te haal nie, net so paar fotos vir nou. n berg Hullets suiker agter die kinders Skip wat inkom in die hawe weeeee -...

Ons is terug

Image
Ons is terug op hierdie blog- yay! Ons het vandag weer begin homeschool en het maar rukkerig gegaan na 7 weke geen skool nie of was dit 9 weke, kan nie meer onthou nie.  Ek glo dit sal net beter gaan. Daar is nou 10 weke van skool wat  op ons wag voor die volgende vakansie. Ons ondekkingsreis deur Macedonie en Bulgarye het regtig vir ons baie geleer en ons het baie beleef. Dit sal alles in ons nuusbrief vir julle gegee word. Ons was verlede week Durban toe om net weer met die kinders te kan alleen wees en ek wou baie graag stilte kry. Wat ek nie in Durban gekry het nie. Wie het nou gedink om in Durban te gaan stilte soek! Ons hereniging met die kinders was wonderlik gewees en ons is nog steeds net so lief vir mekaar! Hier is so paar fotos van die kinders in Durban. Ons het Jac se 2de verjaarsdag saam met die kinders in Durtban gefier. Dit was ‘n Spongebob partytjie gewees. Die maklikste koek om te maak as jy nie in jou eie kombuis is nie. Oupa Hendrik en Ouma Esther he...

Ons is in die Balkan state

Hallooo ons is op die oomblik in Macedonie, Griekeland en Bulgarye. Alle nuus vir die tydperk Junie en Julie 2011 is op die ander blog: http://balkanrecce.blogspot.com Hierdie blog sal weer voortgaan sodra ons terug is in Suid-Afrika.

Dolle tyd

Image
Hierdie laaste maand was nogal 'n dol tyd vir ons. Daar is nog 2 weke oor voordat ons vertrek na Macedonie en Bulgarye. Ons was in Johannesburg en Pretoria gewees vir visas wat nogal stresvol was, maar ons het alles gekry en is baie dankbaar. Zane en Neo-Rie het ook heerlik skool gehad ons het Dinosourese behandel en die letter D. As julle fotos ens wil sien gaan loer op my ander blog:  http://ourhomeschoolescapades.blogspot.com/2011/05/dinosaur-lapbook.html Hier is so paar fotos van die kinders daar was 'n partyjie vir Elisa , 'n maatjie en mamma het ook verjaar. Prins en prinsess mamma se verjaarsdag

Uitstappies saam met die kinders

Image
Sjoe wat ‘n maand wat agter die rug is. Daar het so baie dinge gebeur in ons lewe wat ons binnekort met almal sal kan deel, maar eers weer bietjie nuus oor ons en die kinders.   Na ons week in Johannesburg het ons weer in volle swang begin skool. Ons “home schooling” groep is na die Elephant Sanctuary net buite Hazyview en het dit baie geniet. Oupa en Ouma het saam gegaan. Ons kon aan die olifante voel en luister hoe hulle praat. Die goed is groot en hierdie was die jong tieners gewees!   Jac was natuurlik nie so beindruk met die olifante soos Zane en N êo-Rie nie. Ek geniet dit regtig die jaar om die kinders skool te gee, Zane sê nog soms dat hy wil skool toe gaan, maar ons werk daar rondom. As jy ons lap boeke wil sien wat ons maak gaan loer na die ander blog: http://ourhomeschoolescapades.blogspot.com Ouma en die kinders hou die olifante dop Neo-Rie en haar maatjie Emma saam met Naomi Kyk net daai tong Jac loer ook maar so bietjie Die olifant soen vir Z...