Ons is terug
Ons is terug op hierdie blog- yay! Ons het vandag weer begin homeschool en het maar rukkerig gegaan na 7 weke geen skool nie of was dit 9 weke, kan nie meer onthou nie. Ek glo dit sal net beter gaan. Daar is nou 10 weke van skool wat op ons wag voor die volgende vakansie.
Ons ondekkingsreis deur Macedonie en Bulgarye het regtig vir ons baie geleer en ons het baie beleef. Dit sal alles in ons nuusbrief vir julle gegee word. Ons was verlede week Durban toe om net weer met die kinders te kan alleen wees en ek wou baie graag stilte kry. Wat ek nie in Durban gekry het nie. Wie het nou gedink om in Durban te gaan stilte soek!
Ons hereniging met die kinders was wonderlik gewees en ons is nog steeds net so lief vir mekaar!
Hier is so paar fotos van die kinders in Durban.
Ons het Jac se 2de verjaarsdag saam met die kinders in Durtban gefier. Dit was ‘n Spongebob partytjie gewees. Die maklikste koek om te maak as jy nie in jou eie kombuis is nie.
Oupa Hendrik en Ouma Esther het ons ook in Durban gekry en die kinders lekker bederf. Dit was nou heerlik om sommer vir so 2 dae saam met hulle ook te kuier. Lida en Isabel was ook daar en die kinders het heerlik gespeel. Die weer was nie so wonderlik nie, maar die kinders was darem 2 keer in die see. Ek nie en dis al wat ek oor die onderwerp gaan sê.
Wel ja Danie het vandag weer weggeval met klas en al die dinge wat daarmee saamgaan. Ek het die kinders by ‘n gimnastiek klas gehad vandag om te kyk of hulle daarvan sal hou. Nêo-Rie en balet wil net nie jel nie. Dit is Sondag Zane se 7de verjaarsdag en ek kan dit amper nie glo nie. Op die oomblik is hier nou 31 kinders op ASM so om ‘n partyjie vir almal te hou is onmoontlik. Ons gaan ‘n “Space” partyjie hou en net die seuntjies nooi wat dan al 10 kinders is. Hy is baie opgewonde en ons sal dan weer fotos plaas na die tyd.
Jac is besig om 4 tande (oogtande) gelyk te sny alle ma’s sal weet. Kom tog nou net uit!
Ons is baie opgewonde oor die toekoms en moet nog heelwat dinge uitsorteer.






Comments